{"id":13524,"date":"2020-09-09T10:10:45","date_gmt":"2020-09-09T08:10:45","guid":{"rendered":"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/so-maak-jy-by-aanlyn-geleenthede\/"},"modified":"2021-01-18T10:55:44","modified_gmt":"2021-01-18T10:55:44","slug":"so-maak-jy-by-aanlyn-geleenthede","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/so-maak-jy-by-aanlyn-geleenthede\/?lang=afr","title":{"rendered":"S\u00f3 maak jy by aanlyn geleenthede"},"content":{"rendered":"<p>Wie sou nou kon dink dat ons almal so vaardig met tegnologie sou kon raak? Die Covid-19-pandemie en die maatre\u00ebls wat in plek gestel is om ons veilig te hou, het baie gevolge tot dusver gehad. \u00a0Een van die goeies is dat gewone mense skielik werklik merkwaardige dinge met tegnologie regkry, solank daar \u0149 stabiele internetverbinding en geskikte virtuele platform is. Virtuele vergaderings, aanlyn klasse en ander geleenthede op MS Teams, Zoom of soortgelyke platforms het ons lewens (en huise) heel onseremonieel binnegekom en dit lyk of dit hier is om te bly. Die Taalsentrum bied ook verskeie aanlyn geleenthede aan \u2013 of dit nou kursusse, seminare of vergaderings is. Om te verseker dat jy weet wat van jou verwag word en wat \u00f3m te verwag wanneer jy deelneem aan \u0149 aanlyn geleentheid, het ons vir jou \u0149 lysie saamgestel. <strong>Wanneer jy aanteken vir die sessie<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Meld <strong>tien minute <\/strong>voor die begin van die sessie aan<\/li>\n<li>Gaan jou klankverstellings na: jou luidspreker moenie stilgestel wees nie<\/li>\n<li>Wanneer jy die vergadering binnegaan, maak jou mikrofoon stil en sit jou video af met die knoppies aan die onderkant van jou skerm<\/li>\n<li>Jy is dalk lus om om hallo te s\u00ea deur jou kamera vir \u0149 oomblik aan te sit en \u0149 vinnige wuif te gee, maar sit dit gerus weer af totdat jy \u0149 bydrae lewer<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong>Gedurende die sessie<\/strong> Laat jouself toe om <strong>ten volle teenwoordig te wees<\/strong>. Vermy afleidings soos sosiale media of e-pos-aankondigings. Skep \u0149 fisieke ruimte wat daartoe bydra dat jy kan fokus en deelneem \u2013 oorweeg dit om voor die sessie \u0149 kennisgewing wat s\u00ea &#8216;moenie vir die volgende uur steur nie&#8217; teen jou deur of op jou lessenaar te plaas. <em>Neem deel<\/em> Jy het die opsie om \u2018onsigbaar\u2019 te bly, maar sessies is juis bedoel vir deelname, en vrae is altyd welkom. Dit is die beste om die aanbieder nie verbaal in die rede te val nie, maar <strong>jy kan jou hand opsteek<\/strong> (daar&#8217;s \u0149 knoppie daarvoor!) of jy kan eers jou <strong>vraag in die teksgebaseerde geselsforum tik<\/strong> en dit dan herhaal wanneer daar geleentheid is om interaksie te h\u00ea. As jou vraag nie in die sessie beantwoord is nie, kan jy \u0149 persoonlike e-pos n\u00e1 die tyd aan die aanbieder stuur. Gewoonlik is daar vrae wat eenvoudig nie beantwoord word nie omdat daar so baie daarvan is, nie omdat dit doelbewus oorgeslaan word nie. <em>Volg netiket<\/em><\/p>\n<ul>\n<li>Wees hoflik en beleefd, en hou die gesprekstoon hoflik en lig<\/li>\n<li>Deel jou eie (toepaslike) ervarings<\/li>\n<li>Bou voort op besprekings<\/li>\n<li>Antwoord as jy sinvolle inligting kan deel<\/li>\n<li>Tik volsinne en gebruik duidelike taal<\/li>\n<li>Gebruik die @-funksie om \u0149 kommentaar aan iemand spesifiek in die geselsforum te stuur. Tik eers \u2018@\u2019 en dan die naam of e-posadres (bv. \u2018Ek het \u0149 soortgelyke vraag aan @PietPompies@sun.ac.za oor &#8230;&#8217;).<\/li>\n<li>Wees inklusief<\/li>\n<\/ul>\n<p><em>Maak notas, maar&#8230;<\/em> Neem (geskrewe of getikte) notas van die belangrikste konsepte en moontlike opvolgvrae. Probeer om nie die sessie te transkribeer nie, want dit sal heel waarskynlik opgeneem word en die opname sal waarskynlik daarna beskikbaar gestel word. <strong>Tegniese notas<\/strong> <em>Oor die formaat van aanbieding en die aanlyn platforms wat ons gebruik<\/em> Aanlyn kursusse sal op SUNOnline of Microsoft Teams aangebied word. Jy sal \u0149 uitnodiging via e-pos vir elke sessie ontvang, waarskynlik op die dag waarop die sessie aangebied word. Klik eenvoudig op <em>Join Microsoft Teams Meeting<\/em> of iets soortgelyks vir ander platforms om na \u0149 bladsy te gaan waar jy op die web by die sessie kan aansluit (of laai die app af). As jy reeds die app het, sal die vergadering outomaties oopmaak. As jy nie die app het nie, kan jy die instruksies hier onder volg om MS Teams of Zoom te installeer. Ons stel voor dat jy die betrokke app installeer voordat jy ons regstreekse sessies bywoon. <em>Oor die toerusting wat jy nodig het<\/em> \u0149 Slimtoestel (rekenaar, tablet of slimfoon met internettoegang) en verkieslik oorfone met \u0149 mikrofoon is wat jy nodig het. Die gewone oorfoontjies wat waarskynlik saam met jou slimfoon gekom het, sal piekfyn wees. <em>Oor jou internetverbinding<\/em> Jy sal \u0149 stabiele internetverbinding en genoeg data moet h\u00ea. Omdat die sessies regstreeks geskied, sal jou verbinding se spoed be\u00efnvloed hoe goed jy \u0149 aanbieder en sien en hoor, en of jy vertragings of vriesoomblikke sal ervaar.\u00a0Om die kanse hiervoor te verklein kan jy sorg dat jy nie meerdere webbladsye (vensters) oop het nie en ook nie enige l\u00eaers aflaai terwyl die geleentheid aan die gang is nie. <em>Hoe om Microsoft Teams of\u00a0 Zoom te installeer<\/em> <strong>MS Teams:<\/strong> Gaan na <a href=\"https:\/\/teams.microsoft.com\/downloads\">https:\/\/teams.microsoft.com\/downloads<\/a> en klik op <em>Download Teams<\/em>. Volg die instruksies om die app te installeer. <strong>Zoom:<\/strong>\u00a0Gaan na <a href=\"https:\/\/zoom.us\/download#client_4meeting\">https:\/\/zoom.us\/download#client_4meeting<\/a>\u00a0 en laai die eerste opsie af, naamlik Zoom Client for Meetings. Volg die instruksies om die app te installeer. Nie seker dat jy alles oor netiket weet nie? Klik op die infografiek vir meer inligting:<\/p>\n<p>Met dank aan die US Sentrum vir Leertegnologie\u00eb vir die aanvanklike beskikbaar maak van hierdie inligting.<\/p>\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><a ref=\"magnificPopup\" href=\"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/wp-content\/uploads\/2020\/09\/Wenke-vir-Aanlyn-Kommunikasie-Netiket-300x239-1.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"300\" height=\"239\" src=\"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/wp-content\/uploads\/2020\/09\/Wenke-vir-Aanlyn-Kommunikasie-Netiket-300x239-1.jpg\" alt=\"S\u00f3 maak jy by aanlyn geleenthede\" class=\"wp-image-14048\"\/><\/a><\/figure>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wie sou nou kon dink dat ons almal so vaardig met tegnologie sou kon raak? Die Covid-19-pandemie en die maatre\u00ebls wat in plek gestel is om ons veilig te hou, het baie gevolge tot dusver gehad. \u00a0Een van die goeies is dat gewone mense skielik werklik merkwaardige dinge met tegnologie regkry, solank daar \u0149 stabiele internetverbinding en geskikte virtuele platform is.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":14048,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[232,230,231,233],"tags":[],"class_list":["post-13524","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-aanlyn-taalondersteuning","category-dialogos-afr","category-kommunikasielab","category-kursusse"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13524","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13524"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13524\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":14053,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13524\/revisions\/14053"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/14048"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13524"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13524"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13524"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}