{"id":13592,"date":"2019-04-04T09:06:23","date_gmt":"2019-04-04T08:06:23","guid":{"rendered":"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/n-uitsonderlike-gebaar\/"},"modified":"2021-01-18T11:31:03","modified_gmt":"2021-01-18T11:31:03","slug":"n-uitsonderlike-gebaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/n-uitsonderlike-gebaar\/?lang=afr","title":{"rendered":"\u2019n Uitsonderlike gebaar"},"content":{"rendered":"<p>MI(SA), uitgevoer by die 2019 Woordfees, is \u0149 ambisieuse teaterstuk. Dit is \u0149 musikale triptiek bestaande uit drie misse: die Missa Luba (\u2019n Latynse mis in die tradisionele liedvorms van die Demokratiese Republiek van die Congo), die Misa Criolla (een van die eerste nie-Latynse misse) en die MI(SA) self, \u0149 nuwe Suid-Afrikaanse mis deur die digter Antjie Krog en getoonset deur Antoni Schonken. Die produksie betrek verskeie lede van die Kaapse Opera, ses dansers, twee koreograwe en een Amanda Strydom.<\/p>\n<p>Maar d\u00edt is nie wat die produksie spesiaal of belangrik maak nie. Eweneens is die gebruik van Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SASL) en die insluiting van twee SASL-tolke op die verhoog in die wetenskaplike mis vir die universum belangrik, maar nie bepalend nie.<\/p>\n<p>Wat hierdie produksie uniek maak, is dat dit die eerste keer is wat SASL en SASL-tolke betrokke was in die medeskepping van \u0149 teaterstuk van die eerste repetisiedag af. (Om dit te kontekstualiseer: SASL as huistaal is vir die heel eerste keer in 2018 in die <a href=\"https:\/\/www.groundup.org.za\/article\/sign-language-included-subject-matric-exam\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">matriekeksamen ingesluit<\/a>.) \u201cDie funksionele gebruik van SASL en die manier waarop dit reg van die begin af in die produksie ge\u00efntegreer is, is beslis \u0149 eerste vir die Kaap,\u201d s\u00ea Marsanne Neethling.<\/p>\n<p>Marsanne is \u0149 tolk by die Taalsentrum wat op \u0149 verskeidenheid gebiede uitgebreide ervaring in tolking vir die Dowe gemeenskap het \u2013 insluitende klaskamers en teaters. Volgens haar beteken \u0149 gebrek aan blootstelling aan hierdie tipe kreatiewe geleenthede dat baie Dowe mense nie trots is op \u00f3f hul kultuur, \u00f3f SASL nie. Sy bevestig dat haar deelname aan MI(SA) \u2019n \u201cbewusmakingskomponent\u201d het.<\/p>\n<p>Met di\u00e9 dat die verhooggeselskap SASL geleer en gebruik het terwyl hulle gesing het, en omdat meer po\u00ebtiese gebare en meer po\u00ebtiese gebaarstyle gebruik is, is drie dinge aan die gebeur. Eerstens word hoofstroom- kulturele ruimtes vir die Dowe gemeenskap toeganklik gemaak. Tweedens word SASL verryk op presies dieselfde manier wat enige taal deur die digkuns verruim word. Derdens word hoofstroomgehore skielik aan SASL blootgestel in \u0149 opset wat vir hoogkulturele doeleindes gemerk is, wat bewustheid van SASL en die Dowe gemeenskap verbeter.<\/p>\n<p>Het jy MI(SA) by die Woordfees misgeloop? As jy in hierdie ervaring wil deel, is daar op 28 April tydens die in Kaapstad weer \u0149 vertoning.<\/p>\n<p>By die onlangse Woordfees was Taalsentrumtolke by 11 gesprekke oor aktuele sake aan diens. As jy wil verseker dat alle stemme in \u0149 vergadering, gesprek of stel verrigtinge wat jy aan die re\u00ebl is, gehoor word, kan jy <a href=\"mailto:nanettevdb@sun.ac.za\">Nanette van den Berg<\/a> kontak om opgeleide, ervare professionele tolke tot jou diens te h\u00ea.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><a ref=\"magnificPopup\" href=\"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/Misa-Amanda-1160x700-300x181-1.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"300\" height=\"181\" src=\"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/Misa-Amanda-1160x700-300x181-1.jpg\" alt=\"MI(SA), performed at the 2019 Woordfees, is an ambitious piece of theatre. It is a musical tryptic containing three masses: the Missa Luba (a Latin Mass set to traditional song\" class=\"wp-image-11145\"\/><\/a><\/figure>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>MI(SA), uitgevoer by die 2019 Woordfees, is \u0149 ambisieuse teaterstuk. Dit is \u0149 musikale triptiek bestaande uit drie misse: die Missa Luba (\u2019n Latynse mis in die tradisionele liedvorms van die Demokratiese Republiek van die Congo), die Misa Criolla (een van die eerste nie-Latynse misse) en die MI(SA) self, \u0149 nuwe Suid-Afrikaanse mis deur die&#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11145,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[230,237,248],"tags":[],"class_list":["post-13592","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-dialogos-afr","category-nuutste-nuus","category-ons-tale"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13592","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13592"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13592\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":14072,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13592\/revisions\/14072"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11145"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13592"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13592"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13592"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}