{"id":13598,"date":"2018-11-12T14:14:19","date_gmt":"2018-11-12T14:14:19","guid":{"rendered":"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/kenners-sit-koppe-bymekaar-avol-2018\/"},"modified":"2021-01-18T11:39:38","modified_gmt":"2021-01-18T11:39:38","slug":"kenners-sit-koppe-bymekaar-avol-2018","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/kenners-sit-koppe-bymekaar-avol-2018\/?lang=afr","title":{"rendered":"Kenners sit koppe bymekaar: AvOL 2018"},"content":{"rendered":"<p>In \u2019n w\u00eareld wat gretig is om studente op nuwe maniere te bereik, is die Konferensie vir die Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) \u2019n uitstekende geleentheid vir opvoeders om di\u00e9 kwessie te ondersoek, hul navorsing bekend te stel en oor onderrigpraktyke na te dink. Die 11de jaarlikse AvOL-konferensie, wat aan die einde van Oktober aangebied is deur die Taalsentrum se susterafdeling (die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking), was ook vir die Taalsentrum \u2019n ideale geleentheid om wat ons ervaar oor onderrig en leer met andere te deel vanuit die perspektief van ons brood en botter, naamlik taal.<\/p>\n<p>Dr Kabelo Sebolai, Adjunkdirekteur van die Taalsentrum, het sy bevindinge oor die sogenaamde \u201cgaping ten opsigte van uitdrukkingsvermo\u00eb\u201d met ons gedeel. In sy aanbieding, \u2018Revisiting the Role of Language Ability in Academic Performance: The Case of Stellenbosch University\u2019, het hy verduidelik dat hierdie gaping verband hou met die ho\u00eb uitvalsyfer en die lae suksessyfer wat by Suid-Afrikaanse universiteite voorkom. Kabelo het bevind daar is \u2019n sterk korrelasie tussen studente se prestasie in die vak Engels in die matriekeksamen en hul akademiese prestasie by die Universiteit Stellenbosch \u2013 selfs in di\u00e9 dissiplines wat minder met taalprosessering geassosieer word!<\/p>\n<p>Die navorsingsgroep van die Taalsentrum se Tolkdiens het hul eie benadering tot die ondersoek van die oordrag van betekenis in die klaskamer uiteengesit met hul aanbieding \u2018To Kill a Canary: Interpreters and Educational Practices at Stellenbosch University\u2019. Aangesien tolke by die US deurentyd die dieper betekenis van \u2019n dosent se woorde moet verstaan wanneer hulle na \u2019n ander taal tolk, raak hulle besonder sensitief vir hoe daardie betekenis verwoord is. Deur te kyk na hoe dosente hul boodskap oordra, het hierdie groep belangrike aspekte ge\u00efdentifiseer wat \u2019n boodskap kan maak of breek, byvoorbeeld die opbou van \u2019n argument en die samehang van die boodskap. Dit het vir dosente nuwe insigte gegee oor hoe hulle lesings kan aanpas om studente te help om die klas beter te volg.<\/p>\n<p>Die Taalsentrum se Fiona Stanford het saam met dr Ilse Rootman-Le Grange van die Fakulteit Natuurwetenskappe vir ons inligting gegee oor \u2019n opwindende loodsprojek: hoe om die onderrig van geletterdheidsvaardighede direk in die wetenskap te inkorporeer. In hul aanbieding, \u2018Autonomy Tours: Reflecting on the First Offering of Science in Context\u2019, het Fiona en Ilse besin oor die nuwe verpligte module vir BSc-eerstejaars en die uitdagings \u2013 en belonings \u2013 daarvan om \u2019n model te ontwikkel met \u2019n ge\u00efntegreerde benadering tot die ontwikkeling van dissiplin\u00eare akademiese vaardighede.<\/p>\n<p>Dit is belangrik dat instellings soos die Taalsentrum betrokke is by hierdie soort geleenthede \u2013 nie net om skouers te skuur met van die leidende denkers in die akademie nie, maar ook om \u2019n bydrae te lewer tot die opwindende en immer ontwikkelende w\u00eareld van onderrig en leer.<\/p>\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"300\" height=\"186\" src=\"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/tolking_drieluik-300x186-1.jpg\" alt=\"The meeting of the minds: SoTL 2018\" class=\"wp-image-11160\"\/><figcaption>Interpreting in action at SoTL<\/figcaption><\/figure>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In \u2019n w\u00eareld wat gretig is om studente op nuwe maniere te bereik, is die Konferensie vir die Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) \u2019n uitstekende geleentheid vir opvoeders om di\u00e9 kwessie te ondersoek, hul navorsing bekend te stel en oor onderrigpraktyke na te dink. Die 11de jaarlikse AvOL-konferensie, wat aan die einde van Oktober&#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11160,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[230,258,237],"tags":[],"class_list":["post-13598","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-dialogos-afr","category-navorsing","category-nuutste-nuus"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13598","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13598"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13598\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":14078,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13598\/revisions\/14078"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11160"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13598"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13598"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13598"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}