{"id":13600,"date":"2018-09-03T16:24:24","date_gmt":"2018-09-03T15:24:24","guid":{"rendered":"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/kommunikasielab-help-ontgin-potensiaal-om-voor-mense-te-praat\/"},"modified":"2021-01-18T11:41:16","modified_gmt":"2021-01-18T11:41:16","slug":"kommunikasielab-help-ontgin-potensiaal-om-voor-mense-te-praat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/kommunikasielab-help-ontgin-potensiaal-om-voor-mense-te-praat\/?lang=afr","title":{"rendered":"Kommunikasielab help ontgin potensiaal om voor mense te praat"},"content":{"rendered":"<p>Openbare redevoering is definitief \u0149 vaardigheid wat \u0149 mens kan bemeester! Op 8 Augustus het die Taalsentrum se <a href=\"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/?page_id=84\">Kommunikasielab<\/a> en die Stellenbosch Toastmasters-klub hul kragte saamgesnoer om \u0149 Toastmasters-demonstrasievergadering en -inligtingsessie in die Taalsentrum se seminaarlokaal te hou. S\u00f3 kon enigeen eerstehands ervaar hoe die Toastmasters dinge doen: Voorbereide toesprake, evaluerings en onvoorbereide toesprake is in die gestruktureerede formaat van \u0149 Toastmasters-byeenkoms aangebied.<\/p>\n<p>Toastmasters Internasionaal is \u0149 opvoedkundige organisasie sonder winsbejag wat mense vaardighede vir openbare redevoering en leierskap deur \u0149 w\u00eareldwye netwerk van klubs leer. Toastmasters gaan oor selfontwikkeling in &#8216;n veilige en positiewe omgewing teen jou eie pas. Die Klub se president, Zimbili Sibiya, verduidelik: \u201cOns \u0149 warm en verwelkomende klomp en besoekers is welkom om net waar te neem \u2013 ons gaan jou nie skielik iets laat doen nie!\u201d Daar was meer as 30 nuwe gesigte by die vergadering. <a href=\"mailto:stellenboschtoastmasters@gmail.com\">E-pos<\/a> die Stellenbosch Toastmasters-klub gerus vir meer inligting as jy die volgende Toastmasters-byeenkoms dalk wil bywoon.<\/p>\n<p>Die Taalsentrum se Kommunikasielab is altyd op die uitkyk vir vennote \u2013 soos Toastmasters \u2013 om die keurige korporatiewekommunikasie-aanbod wat beskikbaar is, verder aan te vul. Kommunikasielab-kursusse is prakties en interaktief, en kan aangepas word om in spesifieke behoeftes te voorsien. Aanlynsessies vul voldagkontaksessies aan, wat \u0149 ideale voorsprong en gerieflike opsie aan besige sakelui en kantooradministrateurs bied. \u0149 Sertifikaat van Bevoegdheid word uitgereik wanneer \u0149 kursus suksesvol voltooi is.<\/p>\n<p>Die Kommunikasielab streef ook daarna om langtermynverhoudings met deelnemers te bou. \u201cUit die hoeveelheid deelnemers wat terugkom vir nog van ons kursusse, kan ons sien dat hierdie benadering werk. Ons het, om \u0149 paar te noem, al mense van Mediclinic, ICLEI, NKC, die Rupert-stigting, Alphawave, die USB en Graham Beck Wyne gehad wat kursusse hierdie jaar bywoon,\u201d vertel Michelle Pieters, die ko\u00f6rdineerder van die Kommunikasielab.<\/p>\n<p>\u201cDit is altyd \u0149 inspirasie om te sien hoe iemand ontwikkel en die volgende stap neem om hul volle potensiaal te bereik. Een van ons onlangse sterre is Sello Sekele, \u0149 jong en entoesiastiese ekonoom-in-opleiding van die Buro vir Ekonomiese Navorsing in Stellenbosch.\u201d Sello het in Augustus die Kommunikasielab se kursus <em>Skep aanbiedings met selfvertroue <\/em>bygewoon, wat Eduard de Kock, \u0149 radiopersoonlikheid, ervare seremoniemeester en tolk, aangebied het. \u201cHierdie praktiese en interaktiewe kursus het Sello gehelp om soveel selfvertroue en vaardighede om voor \u0149 gehoor te praat op te doen dat hy sy kollegas se voete onder hulle uitgeslaan het n\u00e1 die kursus \u2013 een van hulle het my geskakel om my daarvan te vertel!\u201d s\u00ea Michelle. Welgedaan, Sello!<\/p>\n<p>As jy jou professionele kommunikasievaardighede wil opskerp, e-pos vir <a href=\"mailto:michellep@sun.ac.za\">Michelle<\/a> om uit te vind hoe ons jou kan help.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Openbare redevoering is definitief \u0149 vaardigheid wat \u0149 mens kan bemeester! Op 8 Augustus het die Taalsentrum se Kommunikasielab en die Stellenbosch Toastmasters-klub hul kragte saamgesnoer om \u0149 Toastmasters-demonstrasievergadering en -inligtingsessie in die Taalsentrum se seminaarlokaal te hou. S\u00f3 kon enigeen eerstehands ervaar hoe die Toastmasters dinge doen: Voorbereide toesprake, evaluerings en onvoorbereide toesprake is&#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11100,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[230,231,237,248],"tags":[],"class_list":["post-13600","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-dialogos-afr","category-kommunikasielab","category-nuutste-nuus","category-ons-tale"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13600","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13600"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13600\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":14080,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13600\/revisions\/14080"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11100"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13600"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13600"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13600"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}