{"id":13602,"date":"2018-06-26T10:47:03","date_gmt":"2018-06-26T09:47:03","guid":{"rendered":"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/n-taalspeletjie-vir-wagwoorde\/"},"modified":"2021-01-18T11:44:06","modified_gmt":"2021-01-18T11:44:06","slug":"n-taalspeletjie-vir-wagwoorde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/n-taalspeletjie-vir-wagwoorde\/?lang=afr","title":{"rendered":"&#8216;n Taalspeletjie vir wagwoorde"},"content":{"rendered":"<p>Ons ken almal daardie gevoel: die beklemming elke keer wanneer jy gevra word om \u0149 nuwe wagwoord te skep. Dit kan wees omdat jy n\u00f3g \u0149 nuwe digitale persona moes skep en dit aan een of ander wolk moes toevertrou. Maar dit is waarskynliker dat hierdie beklemming sy oorsprong het in die wete dat die wagwoord waaraan jy eerste dink nie lank genoeg is nie, nie die verwagte spesiale karakters of genoeg syfers bevat nie, nie met \u0149 haikoe begin nie en nie met \u0149 bendeteken eindig nie.<\/p>\n<p>Hoe gaan jy te werk om \u0149 wagwoord te skep wat verwikkeld genoeg is om aan al die vereistes te voldoen \u2013 insluitende die minimumlengte van 12 karakters \u2013 MAAR tog maklik genoeg is om te onthou? Antwoord: Maak dit \u0149 taalspeletjie.<\/p>\n<p>Dink aan iets wat deel is van jou daaglikse roetine en wat verbonde is aan \u0149 spesifieke tyd, byvoorbeeld \u2018as ek om 17:00 by my werk wegtrek, sal ek om 17:35 tuis wees\u2019. Kort hierdie sin nou af: \u2018Aeo17:00bmwwseo17:35tw\u2019. Daar het jy dit! Dit is \u0149 22-karakterwagwoord wat maklik is om te onthou \u00e9n twee spesiale karakters, een hoofletter en agt syfers bevat. As jy \u0149 sin wat tyd insluit gebruik, is dit maklik om syfers en daardie ontwykende spesiale karakters in te sluit. \u0149 Ander opsie is om dieselfde beginsel op \u0149 persoonlike storie toe te pas: \u2018MebaKwo23-Apr\u201998\u2019 kan staan vir \u2018My eerste besoek aan Kaapstad was op 23 April \u201998\u2019.<\/p>\n<p>Dis belangrik om jou sinne eenvoudig te hou. Raak maar ontslae van die byvoeglike naamwoorde omdat dit later moeilik kan raak om dit reg te onthou: was dit nou \u2018wonderlike aand\u2019 of \u2018fantastiese aand\u2019? Dit is veral belangrik as jy gedwing word om jou wagwoord gereeld te verander. As dit die geval is, kan jy altyd jou taalspeletjie kombineer met \u0149 bietjie wiskunde.<\/p>\n<p>Wanneer jy jou wagwoord verander, sal die meeste stelsels jou toelaat om effens te kul deur net gedeeltes van jou ou wagwoord te verander. As dit byvoorbeeld altyd 35 minute neem om huis toe te ry, hoekom vertrek jy nie liewers om 16:30 by jou werk nie? \u2018Aeo16:30bmwwseo17:05tw\u2019. Jy kan natuurlik altyd \u0149 onskuldige nota op jou lessenaar los of in jou dagboek aanteken: \u2019Vertrek \u2013 16:30\u2019 om jou te herinner aan die nuwe tyd wat jy in jou nuwe wagwoord gebruik het&#8230;<\/p>\n<p>NOTA: Hierdie artikel is gebaseer op \u0149 verwerking van die <a href=\"https:\/\/www.schneier.com\/essays\/archives\/2008\/11\/passwords_are_not_br.html\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Schneier-skema<\/a> wat sekuriteitkenner Bruce Schneier in 2008 ontwikkel het.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><a ref=\"magnificPopup\" href=\"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/password-64047_1280-300x212-1.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"300\" height=\"212\" src=\"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/password-64047_1280-300x212-1.jpg\" alt=\"A linguistic game for creating passwords\" class=\"wp-image-11163\"\/><\/a><\/figure>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons ken almal daardie gevoel: die beklemming elke keer wanneer jy gevra word om \u0149 nuwe wagwoord te skep. Dit kan wees omdat jy n\u00f3g \u0149 nuwe digitale persona moes skep en dit aan een of ander wolk moes toevertrou. Maar dit is waarskynliker dat hierdie beklemming sy oorsprong het in die wete dat die&#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11163,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[237],"tags":[],"class_list":["post-13602","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuutste-nuus"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13602","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13602"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13602\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":14082,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13602\/revisions\/14082"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11163"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13602"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13602"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13602"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}