{"id":13604,"date":"2018-04-16T17:57:34","date_gmt":"2018-04-16T16:57:34","guid":{"rendered":"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/nuwe-ruimte-vir-groot-deel-van-taalsentrum\/"},"modified":"2021-01-18T11:46:40","modified_gmt":"2021-01-18T11:46:40","slug":"nuwe-ruimte-vir-groot-deel-van-taalsentrum","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/nuwe-ruimte-vir-groot-deel-van-taalsentrum\/?lang=afr","title":{"rendered":"Nuwe ruimte vir groot deel van Taalsentrum"},"content":{"rendered":"<p>Die US Taalsentrum se Direkteurskantoor, Leeslab, Skryflab, Kommunikasielab, Taalleerhub en Taaldiens het 2018 in Stellenbosch afgeskop onder \u0149 nuwe dak.<\/p>\n<p>Die Universiteit se Regshulpkliniek wou om logistieke redes graag nader aan die Fakulteit Regsgeleerdheid in die Ou Hoofgebou wees, en het die Taalsentrum genader om geboue te ruil \u2013 die Kleine Bosch-gebou in Banhoekweg, wat as Regshulpkliniek gedien het, vir die Taalsentrum se kantore in Crozierstraat, oorkant die Ou Hoofgebou. Die omruiling het natuurlik vir sy eie logistieke uitdagings gesorg, maar almal is darem nou in hul nuwe ruimtes ingeburger: Die Taalsentrum in Banhoekweg 44, oorkant die Fakulteit Ingenieurswese en langs die Afrika-sentrum vir MIV\/Vigsbestuur, en die Regshulpkliniek in Crozierstraat 18 tot 24.<\/p>\n<p>Met di\u00e9 dat meer dele van die Taalsentrum onder Kleine Bosch se lang dak is, is daar groter geleentheid vir idees uitruil. Die <a href=\"http:\/\/www0.sun.ac.za\/taalsentrum\/?page_id=2093\"><strong>L<\/strong><strong>eeslab<\/strong><\/a> baat by meer kantoorruimte vir die goeie werk wat hulle doen en die gesellig dog produktiewe dreuning uit die <strong><a href=\"http:\/\/www0.sun.ac.za\/taalsentrum\/?page_id=791\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Skryflab<\/a><\/strong> se kommunale area waar skryfkonsultasies plaasvind, sal enige skryfwerk momentum gee. Die <strong>Skryflab<\/strong> en <strong><a href=\"http:\/\/www0.sun.ac.za\/taalsentrum\/?page_id=756\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Kommunikasielab <\/a><\/strong>span al klaar Kleine Bosch se moderne seminaarkamer met groot vrug in vir kortkursusse en werksessies. Verder het die <strong>Taalleerhub<\/strong> nou \u0149 eie ruimte waarvoor hulle groot dinge beplan \u2013 onder andere om studente te help om basiese Afrikaans en Xhosa op hul eie aan te leer. Die <strong><a href=\"http:\/\/www0.sun.ac.za\/taalsentrum\/?page_id=822\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Taaldiens<\/a><\/strong> het hul gebou in Skuilhoek met dakkantoor, buitetrap, akkerboom en eekhoring verruil om bymekaar op een vlak in die westelike vleuel van die gebou te werk.<\/p>\n<p>Die Kleine Bosch-gebou is aanvanklik as metodiste-eeufeesskool gebou, met \u0149 hoeksteen wat in 1937 gel\u00ea is. In die 1980\u2019s dien dit as die Kleine Bosch-kleuterskool, later as Regshulpkliniek, en nou as die Taalsentrum se nuutgevonde vesting.<\/p>\n<div id=\"attachment_3025\" style=\"width: 310px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a ref=\"magnificPopup\" href=\"http:\/\/www0.sun.ac.za\/taalsentrum\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/Banhoek-44.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-3025\" class=\"size-medium wp-image-3025\" src=\"http:\/\/www0.sun.ac.za\/taalsentrum\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/Banhoek-44-300x169.jpg\" alt=\"Die Taalsentrum se nuwe adres: Banhoekweg 44\" width=\"300\" height=\"169\" \/><\/a><p id=\"caption-attachment-3025\" class=\"wp-caption-text\">Die Taalsentrum se nuwe adres: Banhoekweg 44<\/p><\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die US Taalsentrum se Direkteurskantoor, Leeslab, Skryflab, Kommunikasielab, Taalleerhub en Taaldiens het 2018 in Stellenbosch afgeskop onder \u0149 nuwe dak. Die Universiteit se Regshulpkliniek wou om logistieke redes graag nader aan die Fakulteit Regsgeleerdheid in die Ou Hoofgebou wees, en het die Taalsentrum genader om geboue te ruil \u2013 die Kleine Bosch-gebou in Banhoekweg, wat&#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11169,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[230,237],"tags":[],"class_list":["post-13604","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-dialogos-afr","category-nuutste-nuus"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13604","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13604"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13604\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":14084,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13604\/revisions\/14084"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11169"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13604"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13604"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13604"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}