{"id":13605,"date":"2018-04-16T17:54:31","date_gmt":"2018-04-16T16:54:31","guid":{"rendered":"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/black-panther-skrik-nie-vir-klapklanke-nie\/"},"modified":"2021-01-18T11:47:58","modified_gmt":"2021-01-18T11:47:58","slug":"black-panther-skrik-nie-vir-klapklanke-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/black-panther-skrik-nie-vir-klapklanke-nie\/?lang=afr","title":{"rendered":"Black Panther skrik nie vir klapklanke nie"},"content":{"rendered":"<p>Daar\u2019s goeie nuus en slegte nuus. Die slegte nuus is dat jy nie na Wakanda kan gaan vir \u0149 vakansie nie. Die goeie nuus is dat jy wel met behulp van die <a href=\"http:\/\/www0.sun.ac.za\/taalsentrum\/?page_id=565\">Taalsentrum<\/a> Wakanda se taal kan leer.<\/p>\n<p>As jy nie \u0149 aanhanger van superheldflieks is nie, is \u0149 verduideliking dalk nodig. Wakanda is die fiktiewe tuiste van die Marvel-held Black Panther, die sentrale karakter in die <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=xjDjIWPwcPU\">film<\/a> met dieselfde naam wat onlangs vrygestel is. Danksy geweldige afsettings van die fiktiewe metaal vibranium het Wakanda die gevorderste tegnologie op aarde.<\/p>\n<p>En watter taal praat hulle in hierdie land van ruimtetuie en sweeffietse?<\/p>\n<p>Xhosa.<\/p>\n<p>Hoewel die Wakandaniete Engels praat wanneer hulle daarna voel (om die karakter Okoye te parafraseer), word die gebruik van Xhosa s\u00f3 in tonele verweef dat daar by die gehoor geen twyfel bestaan dat Xhosa die taal is wat die Wakandaniete gebruik nie \u2013 of hulle nou <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=u0SBlLWNe5s\">strategeer<\/a> of met geliefdes praat.<\/p>\n<p>Dis ongewoon vir wetenskapfiksie- en fantasie-kykstof om \u0149 bestaande taal te gebruik; daar word dikwels eerder pasgemaakte tale ontwerp (dink aan Klingon in <em>Star Trek<\/em>, Na\u2019vi in <em>Avatar<\/em> en Dothraki in die reeks <em>Game of Thrones<\/em>).<\/p>\n<p>Die gebruik van Xhosa in die Marvel-heelal is weens die tussentrede van John Kani, wat koning T\u2019Chaka in <em>Captain America: Civil War<\/em> en <em>Black Panther<\/em> speel, en so \u0149 klein skeutjie geluk. Die welbekende Suid-Afrikaanse akteur het geredeneer \u2013 oortuigend, soos dit later sou blyk \u2013 dat sy karakter nie Engels sou praat met sy silwerdoekseun, T\u2019Challa (gespeel deur Chadwick Boseman), nie. Kani het in Xhosa ge\u00efmproviseer en Boseman, wat vantevore in Suid-Afrika met \u0149 Suid-Afrikaanse filmspan gewerk het, het in Xhosa gereageer. Die toneel was heeltemal oortuigend. En so kom dit toe dat \u0149 taal wat deur meer as 8 miljoen Suid-Afrikaners gepraat word, die taal van Wakanda word.<\/p>\n<p><em>Phambili ngesiXhosa, phambili!*<\/em><\/p>\n<p>*\u2019Phambili\u2019 beteken \u2018voorwaarts\u2019<\/p>\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"300\" height=\"169\" src=\"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/black-panther-1-300x169-1.jpg\" alt=\"Black Panther clicks away\" class=\"wp-image-11172\"\/><figcaption>Marvel superhero, Black Panther<\/figcaption><\/figure>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar\u2019s goeie nuus en slegte nuus. Die slegte nuus is dat jy nie na Wakanda kan gaan vir \u0149 vakansie nie. Die goeie nuus is dat jy wel met behulp van die Taalsentrum Wakanda se taal kan leer. As jy nie \u0149 aanhanger van superheldflieks is nie, is \u0149 verduideliking dalk nodig. Wakanda is die&#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11172,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[281,230,237,248],"tags":[],"class_list":["post-13605","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikels-xhosa","category-dialogos-afr","category-nuutste-nuus","category-ons-tale"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13605","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13605"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13605\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":14085,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13605\/revisions\/14085"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11172"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13605"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13605"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13605"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}