{"id":13606,"date":"2018-04-16T17:39:08","date_gmt":"2018-04-16T16:39:08","guid":{"rendered":"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/tolke-gee-110-by-100-stellenbosch-se-woordfeesproduksie\/"},"modified":"2021-01-18T11:49:22","modified_gmt":"2021-01-18T11:49:22","slug":"tolke-gee-110-by-100-stellenbosch-se-woordfeesproduksie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/tolke-gee-110-by-100-stellenbosch-se-woordfeesproduksie\/?lang=afr","title":{"rendered":"Tolke gee 110% by 100% Stellenbosch se Woordfeesproduksie"},"content":{"rendered":"<p>S\u00ea nou net statistiek het gesigte gehad?<\/p>\n<p>Dit was die kernvraag agter die <a href=\"http:\/\/www.rimini-protokoll.de\/website\/en\/project\/100-stellenbosch\">100%-projek<\/a> wat \u0149 dekade gelede in Duitsland in die lewe geroep is. Die projek plaas die kollig op honderd mense afkomstig van \u0149 spesifieke gebied. Hierdie groep mense moet dan vrae beantwoord om deel te neem aan \u0149 informele sensus \u2013 en alles gebeur op die verhoog. Om \u0149 werkwinkelproses met \u0149 honderd individue te bestuur is alreeds \u0149 uitdaging, maar toe die 100% Stellenbosch-projek die dorp in Februarie tref as Woordfeesproduksie (in die Universiteit se Eeufeesjaar), het \u0149 verdere uitdaging sy kop uitgesteek: \u00a0Die honderdtal mense, synde verteenwoordigers van die demografie van die gebied, het verskillende moedertale gehad. Dit was tyd om op die Taalsentrum se knoppie te druk.<\/p>\n<p>100% Stellenbosch se rolverdeling het bestaan uit sprekers van Afrikaans, Engels, Xhosa en Suid-Afrikaanse gebaretaal, en \u0149 ieder en elk wou natuurlik gehoor en verstaan word. Die Taalsentrum se <a href=\"http:\/\/www0.sun.ac.za\/taalsentrum\/?page_id=832\">tolke<\/a> het kommunikasie bemiddel deur alles wat ges\u00ea word in al drie die ander tale te tolk. Die tolke was dus \u0149 integrale deel van die werkwinkels, en het seker gemaak dat almal die stories wat die akteurs vertel, verstaan. Tolking was ook vir die gehoor beskikbaar tydens die vertonings.<\/p>\n<p>D\u00edt wyk heeltemal af van die daaglikse bedrywighede van die Taalsentrum se tolkspan. Hulle tolk gewoonlik lesings in \u0149 akademiese omgewing, terwyl hulle vir die 100% Stellenbosch-produksie die vrae wat op \u0149 verhoogskerm verskyn het, vir die akteurs moes tolk, en dan weer die gehoor se vrae vir die akteurs moes tolk. Gedagtig daaraan dat die vertonings feitlik twee ure lank was, is daar baie hard gewerk.<\/p>\n<p>Ons tolke is dit egter eens dat hulle hulself gate uit geniet het. Pluimpies kom almal toe \u2013 insluitende die organiseerders en die deelnemers \u2013 saam-saam het hulle \u0149 <a href=\"http:\/\/www.litnet.co.za\/100-stellenbosch-whole-town-stage\/\">100% onvergeetlike produksie <\/a>geskep!<\/p>\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><a ref=\"magnificPopup\" href=\"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/Dialogos_100-percent-collage-300x293-1.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"300\" height=\"293\" src=\"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/Dialogos_100-percent-collage-300x293-1.jpg\" alt=\"Interpreters give 110% at 100% Stellenbosch Woordfees production\" class=\"wp-image-11175\" srcset=\"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/Dialogos_100-percent-collage-300x293-1.jpg 300w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/Dialogos_100-percent-collage-300x293-1-287x280.jpg 287w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption>Language Centre interpreters doing their part at the Woordfees<\/figcaption><\/figure>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>S\u00ea nou net statistiek het gesigte gehad? Dit was die kernvraag agter die 100%-projek wat \u0149 dekade gelede in Duitsland in die lewe geroep is. Die projek plaas die kollig op honderd mense afkomstig van \u0149 spesifieke gebied. Hierdie groep mense moet dan vrae beantwoord om deel te neem aan \u0149 informele sensus \u2013 en&#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11175,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[230,237],"tags":[],"class_list":["post-13606","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-dialogos-afr","category-nuutste-nuus"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13606","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13606"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13606\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":14086,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13606\/revisions\/14086"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11175"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13606"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13606"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13606"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}