{"id":13607,"date":"2018-02-12T17:34:43","date_gmt":"2018-02-12T17:34:43","guid":{"rendered":"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/festschrift-aan-afgetrede-direkteur-van-taalsentrum-oorhandig\/"},"modified":"2021-01-18T11:50:54","modified_gmt":"2021-01-18T11:50:54","slug":"festschrift-aan-afgetrede-direkteur-van-taalsentrum-oorhandig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/festschrift-aan-afgetrede-direkteur-van-taalsentrum-oorhandig\/?lang=afr","title":{"rendered":"Festschrift aan afgetrede direkteur van Taalsentrum oorhandig"},"content":{"rendered":"<p>Op Donderdagaand, 8 Februarie 2018, het die Taalsentrum \u0149 harde kopie van die <em>Festschrift<\/em> waarmee hy vir sy professionele bydrae tot sy vakgebied vereer word, aan prof Leon de Stadler oorhandig. Die voorblad van die <em>Festschrift<\/em> is \u0149 jaar vantevore al met sy afskeidsfunksie oorhandig, maar die inhoud daarvan het tot dusver vir hom \u0149 verrassing gebly. Die US se Botaniese Tuin het gasheer gespeel vir \u0149 intieme funksie waar hy saam met sy gesin, die outeurs wat bydraes vir die <em>Festschrift<\/em> gelewer het en \u0149 paar ander spesiale gaste kon bestek neem van nog \u0149 dimensie van sy lewe en die waardering wat mense in die vakgebied daarvoor het.<\/p>\n<p>Die <em>Festschrift<\/em> se inleiding neem \u0149 mens ver terug: \u201cIn 1972 begin Leon de Stadler se verbintenis met die Universiteit Stellenbosch toe hy as eerstejaarstudent op die kampus aanmeld. Di\u00e9 verbintenis sou vir meer as vier dekades ononderbroke voortduur \u2013 tot en met sy uittrede in Januarie 2017. As student, maar nog meer as dosent en veral as Direkteur van die Taalsentrum het Leon \u2019n wesenlike bydrae gelewer en \u2019n onuitwisbare nalatenskap daargestel. Hy het hom onderskei as dosent, navorser, akademiese bestuurder en gewaardeerde kollega. \u2019n Huldiging deur middel van \u2019n tydskrif kan nie werklik reg laat geskied aan sy bydrae of aan die rol wat hy gespeel het nie \u2013 die studente wat hy opgelei het, die kollegas wat hy ge\u00efnspireer het, die navorsing wat hy gepubliseer het en die werk wat hy gedoen het en wat nog voortleef en floreer, is die eintlike huldiging.<\/p>\n<p>Tog wil kollegas in Suid-Afrika en elders met hierdie <em>Festschrift<\/em>-uitgawe erkenning gee aan dit wat Leon gedoen het en aan die ingrypende invloed wat hy op sy vakgebied, op sy studente, op sy kollegas en medewerkers, op sy departement, op die Taalsentrum en op die Universiteit gehad het. Di\u00e9 invloed kan min mense hom nadoen.\u201d<\/p>\n<p>Die <em>Festschrift<\/em> word as <a href=\"http:\/\/spilplus.journals.ac.za\/pub\/issue\/view\/90\">volume 53<\/a> (2017) van die geakkrediteerde akademiese tydskrif <em>Stellenbosch Papers in Linguistics Plus<\/em> (<em>SPiL Plus<\/em>) uitgegee.<\/p>\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"300\" height=\"300\" src=\"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/collage-oorhandiging_kleiner-300x300-1.jpg\" alt=\"Festschrift presented to retired director of Language Centre\" class=\"wp-image-11178\" srcset=\"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/collage-oorhandiging_kleiner-300x300-1.jpg 300w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/collage-oorhandiging_kleiner-300x300-1-150x150.jpg 150w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/collage-oorhandiging_kleiner-300x300-1-280x280.jpg 280w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><figcaption>Dr Antoinette van der Merwe presenting the Festschrift to Prof Leon de Stadler<\/figcaption><\/figure>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op Donderdagaand, 8 Februarie 2018, het die Taalsentrum \u0149 harde kopie van die Festschrift waarmee hy vir sy professionele bydrae tot sy vakgebied vereer word, aan prof Leon de Stadler oorhandig. Die voorblad van die Festschrift is \u0149 jaar vantevore al met sy afskeidsfunksie oorhandig, maar die inhoud daarvan het tot dusver vir hom \u0149&#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11178,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[230,258,237],"tags":[],"class_list":["post-13607","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-dialogos-afr","category-navorsing","category-nuutste-nuus"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13607","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13607"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13607\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":14087,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13607\/revisions\/14087"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11178"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13607"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13607"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13607"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}