{"id":13608,"date":"2018-02-12T17:32:44","date_gmt":"2018-02-12T17:32:44","guid":{"rendered":"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/agter-die-skerms-hoe-het-hierdie-festschrift-gebeur\/"},"modified":"2021-01-18T11:52:57","modified_gmt":"2021-01-18T11:52:57","slug":"agter-die-skerms-hoe-het-hierdie-festschrift-gebeur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/agter-die-skerms-hoe-het-hierdie-festschrift-gebeur\/?lang=afr","title":{"rendered":"Agter die skerms: Hoe het hierdie Festschrift gebeur?"},"content":{"rendered":"<p>Hulle het gedink hulle weet waarvoor hulle hulself inlaat met die besluit om \u0149 <em>Festschrift<\/em> te publiseer. Gasredakteurs dr Antoinette van der Merwe, Alta van Rensburg, dr Rose Richards, Sharifa Daniels, prof Rufus Gouws en die ondersteuningspan wat hierdie volume saamgestel het, erken nou dat dit selfs harder werk was as waarop hulle aanvanklik voorbereid was. Dit voeg egter net n\u00f3g waarde toe tot die besondere eindproduk!<\/p>\n<p>In September 2016 het Alta van Rensburg, Adjunkdirekteur van die Taalsentrum, die voorstel gemaak om prof De Stadler se bydrae tot sy vakgebied teen sy aftrede met \u0149 publikasie te huldig. Die wiele het begin draai, en op 3 November 2016 is \u0149 veeltalige uitnodiging om \u0149 bydrae tot die <em>Festschrift<\/em> te lewer in Afrikaans, Engels, Xhosa en Nederlands uitgestuur. Kollegas en studente van dwarsoor die w\u00eareld wat oor die jare met prof De Stadler saamgewerk het, is uitgenooi om by te dra tot die huldiging, wat as \u0149 uitgawe van die geakkrediteerde aanlyn vaktydskrif <em>Stellenbosch Papers in Linguistics Plus<\/em> (<em>SPiL Plus)<\/em> gepubliseer sou word. \u0149 Beperkte aantal harde kopie\u00eb sou ook gedruk word.<\/p>\n<p>Sperdatums om aan te meld om \u0149 bydrae te lewer en dan \u0149 opsomming voor te l\u00ea het gevolg, waarna voornemende bydraers in kennis gestel is of hul opsommings aanvaar is. Volle artikels en navorsingsnotas moes ses maande later, op 1 Mei 2017, gelewer word. Die besturende redakteur van <em>SPiL Plus<\/em>, dr Kate Huddlestone van die US se Departement Algemene Taalwetenskap, het die ewekniebeoordeling van die artikels hanteer. Vir elke artikel moes twee keurders genader word, waarvan minstens een nie aan die US verbonde kon wees nie. Keurders het onder andere die volgende keuringskriteria gebruik: wie die waarskynlikste lesers sal wees en die lesers se belang by hierdie onderwerp; die waarskynlikheid dat die artikel gelees en aangehaal sou word deur ander; die (oorspronklike) bydrae wat die manuskrip tot bestaande kennis oor die onderwerp sou lewer; of die verwysingstelsel en verwysingslys volledig, voldoende en gepas is; of die artikel helder en duidelik geskryf is en op \u0149 logiese manier aangebied is; en of die manuskrip geskik is om spesifiek in <em>SPiL Plus <\/em>te verskyn, eerder as in \u0149 ander vaktydskrif. Hierna kon suksesvolle outeurs die keurdervoorstelle in hul teks inkorporeer, waar nodig, en die artikels weer voorl\u00ea, en teen Oktober 2017 was die manuskripte gereed om taalversorg te word.<\/p>\n<p>Die Taalsentrum se Taaldiens het die taalversorging behartig, met minstens twee taalpraktisyns wat met elke teks in verskillende stadia omgegaan het. Nadat die taalpraktisyns, gasredakteurs en outeurs tevrede was \u2013 wat natuurlik \u0149 mate van bloedsweet gekos het \u2013 is die uitleg ook deur die Taaldiens gedoen. Outeurs het hul galeiproewe laat in November ontvang om af te teken, en die <em>Festschrift<\/em>, \u0149 hele 226 bladsye lank, is op 14 Desember 2017 as Volume 53 (2017) van <em>SPiL Plus <\/em>gepubliseer<em>. <\/em>Kom deel in die huldiging en lees di\u00e9 besondere publikasie by hierdie adres: <a href=\"http:\/\/spilplus.journals.ac.za\/pub\/issue\/view\/90\">http:\/\/spilplus.journals.ac.za\/pub\/issue\/view\/90<\/a><\/p>\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"300\" height=\"128\" src=\"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/guest-eds-and-supprt-team_cropped_rsz-300x128-1.jpg\" alt=\"The making of a Festschrift: Behind the scenes\" class=\"wp-image-11181\"\/><figcaption>Prof De Stadler with the guest editors of the Festschrift and the support team<\/figcaption><\/figure>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hulle het gedink hulle weet waarvoor hulle hulself inlaat met die besluit om \u0149 Festschrift te publiseer. Gasredakteurs dr Antoinette van der Merwe, Alta van Rensburg, dr Rose Richards, Sharifa Daniels, prof Rufus Gouws en die ondersteuningspan wat hierdie volume saamgestel het, erken nou dat dit selfs harder werk was as waarop hulle aanvanklik voorbereid&#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11181,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[230,258,237],"tags":[],"class_list":["post-13608","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-dialogos-afr","category-navorsing","category-nuutste-nuus"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13608","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13608"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13608\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":14088,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13608\/revisions\/14088"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11181"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13608"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13608"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13608"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}