{"id":13609,"date":"2017-11-20T19:32:12","date_gmt":"2017-11-20T19:32:12","guid":{"rendered":"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/plaaslike-boek-tsunami-vir-internasionale-geletterdheidsdag\/"},"modified":"2021-01-18T11:54:14","modified_gmt":"2021-01-18T11:54:14","slug":"plaaslike-boek-tsunami-vir-internasionale-geletterdheidsdag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/plaaslike-boek-tsunami-vir-internasionale-geletterdheidsdag\/?lang=afr","title":{"rendered":"Plaaslike boek-tsunami vir Internasionale Geletterdheidsdag"},"content":{"rendered":"<p>Vir vanjaar se viering van Internasionale Geletterdheidsdag aan die Universiteit Stellenbosch het die Taalsentrum se Leeslab op 11 September \u2019n boek-tsunami in die Neelsie (die Langenhoven-studentesentrum) bewerkstellig.<\/p>\n<p>\u0149 Groot aantal geskenkte boeke is in die Neelsie geplaas vir enigeen om van te neem. Vooraf is daar in elke boek \u0149 Taalsentrum-plakker geplak wat s\u00ea dat die boek gratis en verniet is, dat enigiemand \u0149 boek mag neem en dat hulle dit wanneer hulle daarmee klaar is, aan \u0149 volgende persoon moet gee. Mense in die Neelsie wat van die boeke geneem het, meestal studente, was verstom. Hulle kon nie glo dat hulle enige boek van hulle keuse gratis kon neem nie. Hoewel die projek nie digitale geletterdheid \u2013 hierdie jaar se fokus \u2013 as sulks bevorder het nie, het boekgeletterdheid en die <em>pay it forward<\/em>-beginsel beslis hoogty gevier.<\/p>\n<p>Almal by die Taalsentrum het gretig boeke geskenk vir die projek en \u0149 allemintige nege swartsakke vol boeke is van Julie af bymekaar gemaak. Die idee het onstaan na aanleiding van die bekende aktrise Emma Watson se <em>Book Fairy<\/em>-projek, waar sy en ander \u2018boekfe\u00eb\u2019 boeke in openbare plekke los vir mense om dit te kry, te lees en aan \u0149 volgende leser te gee.<\/p>\n<p>Die Leeslab beplan om die boek-tsunami weer volgende jaar te loods, en ons begin nou al boeke daarvoor bymekaar te maak. Bring dus enige boeke wat jy wil skenk gedurende kantoorure na die Leeslab in Bosmanstraat 7, Stellenbosch, of e-pos vir <a href=\"mailto:vernita@sun.ac.za\">Vernita Beukes<\/a>, die projekleier.<\/p>\n<p>\u2018Geletterdheid in \u0149 digitale w\u00eareld\u2019 was vanjaar se tema vir Internasionale Geletterdheidsdag op 8 September. In haar boodskap oor hierdie dag s\u00ea Irina Bokova, UNESCO se Direkteur-Generaal, die volgende: \u201cHierdie jaar val die klem daarop om beter te verstaan watter soort geletterdheid in \u0149 digitale w\u00eareld vereis word om inklusiewer, gelyker en volhoubaarder samelewings te bou. Elkeen behoort die digitale era se voordele te kan inspan vir die handhawing van menseregte, om dialoog en die uitruil van gedagtes aan te wakker, en vir volhoubaarder ontwikkeling.\u201d<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"300\" height=\"300\" src=\"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/tsunami-collage1-300x300-1.jpg\" alt=\"Local book tsunami for International Literacy Day\" class=\"wp-image-11187\" srcset=\"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/tsunami-collage1-300x300-1.jpg 300w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/tsunami-collage1-300x300-1-150x150.jpg 150w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/tsunami-collage1-300x300-1-280x280.jpg 280w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/figure>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vir vanjaar se viering van Internasionale Geletterdheidsdag aan die Universiteit Stellenbosch het die Taalsentrum se Leeslab op 11 September \u2019n boek-tsunami in die Neelsie (die Langenhoven-studentesentrum) bewerkstellig. \u0149 Groot aantal geskenkte boeke is in die Neelsie geplaas vir enigeen om van te neem. Vooraf is daar in elke boek \u0149 Taalsentrum-plakker geplak wat s\u00ea dat&#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11187,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[230],"tags":[],"class_list":["post-13609","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-dialogos-afr"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13609","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13609"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13609\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":14089,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13609\/revisions\/14089"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11187"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13609"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13609"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13609"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}