{"id":13611,"date":"2017-08-21T17:39:43","date_gmt":"2017-08-21T16:39:43","guid":{"rendered":"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/hoekom-n-professionele-vertaler-inspan\/"},"modified":"2021-01-18T11:57:29","modified_gmt":"2021-01-18T11:57:29","slug":"hoekom-n-professionele-vertaler-inspan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/hoekom-n-professionele-vertaler-inspan\/?lang=afr","title":{"rendered":"Hoekom \u0149 professionele vertaler inspan?"},"content":{"rendered":"<p>Jy het \u0149 finale, afgeronde teks wat jy met jou lesers wil deel \u2013 en dit moet beskikbaar wees in meer as een taal. Jy sou jou tweetalige kollega kon vra om dit te vertaal (en jou asem ophou), of jy kan \u0149 professionele vertaler vra om die werk te doen.<\/p>\n<p>Hoekom moet jy liewer \u0149 professionele vertaler inspan?<\/p>\n<ul>\n<li><strong>\u0149 Professionele vertaler is iemand wat opgelei is in die kuns van betekenisoordag van een taal na \u0149 ander.<\/strong> Dit beteken dat hy of sy weet hoe om aspekte soos styl, register, terminologie en moontlike dubbelsinnigheid in \u0149 teks te hanteer. Sy of haar opleiding en ervaring sal tot ingeligte vertaalbesluite lei, wat sal verseker dat die vertaalde teks dieselfde boodskap as die oorspronklike teks oordra.<\/li>\n<li><strong>\u0149 Professionele vertaler is ook \u0149 taalkenner.<\/strong> Jy kan dus \u0149 vertaling wat soos \u0149 oorspronklike teks lees en sonder taalfoute is, verwag. \u0149 Professionele vertaler sal ook daarop let om nie enigiets by te voeg of weg te laat tydens die vertaalproses nie.<\/li>\n<li><strong>Professionele vertalers is gewoonlik lede van professionele organisasies<\/strong>, soos SAVI (die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut). Aktiewe lidmaatskap bring lede in aanraking met ander professionele vertalers, wat hulle aan die beste praktyke in die bedryf blootstel en hulle toegang tot inligting gee oor terminologie, taalkonvensies en hulpbronne. Lidmaatskap beteken ook dat hulle hulself tot \u0149 professionele gedragskode wat \u0149 sekere werksetiek en gehaltestandaard daarstel, verbind.<\/li>\n<li><strong>\u0149 Professionele vertaler help jou goed lyk. <\/strong>Benewens die bedoelde boodskap wat oorgedra word, wys \u0149 goed vertaalde teks jou lesers dat jy hulle respekteer, en dat jy professioneel en geloofwaardig is.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Wat sal dit dus wees? \u0149 Tweetalige kollega wat die vertaalpad kan byster raak en jou lesers s\u00f3 saam laat afdwaal, of \u0149 opgeleide, professionele vertaler wat jou boodskap helder oordra?<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jy het \u0149 finale, afgeronde teks wat jy met jou lesers wil deel \u2013 en dit moet beskikbaar wees in meer as een taal. Jy sou jou tweetalige kollega kon vra om dit te vertaal (en jou asem ophou), of jy kan \u0149 professionele vertaler vra om die werk te doen. Hoekom moet jy liewer&#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11100,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[281,230,237,273],"tags":[],"class_list":["post-13611","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikels-xhosa","category-dialogos-afr","category-nuutste-nuus","category-skryfwenke"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13611","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13611"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13611\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":14091,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13611\/revisions\/14091"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11100"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13611"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13611"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13611"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}