{"id":13612,"date":"2017-08-21T17:37:23","date_gmt":"2017-08-21T16:37:23","guid":{"rendered":"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/n-kykie-in-die-taalsentrum-se-navorsingskaleidoskoop\/"},"modified":"2021-01-18T11:58:05","modified_gmt":"2021-01-18T11:58:05","slug":"n-kykie-in-die-taalsentrum-se-navorsingskaleidoskoop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/n-kykie-in-die-taalsentrum-se-navorsingskaleidoskoop\/?lang=afr","title":{"rendered":"\u0149 Kykie in die Taalsentrum se navorsingskaleidoskoop"},"content":{"rendered":"<p>Navorsing en die publikasie van bevindings is noodsaaklik vir \u0149 akademiese instelling om sy reputasie en geloofwaardigheid uit te bou. Navorsing by die Taalsentrum laat ons ook toe om te peins oor wat ons doen, hoekom ons doen wat ons doen, en of ons werkswyse nog die beste manier is om dit te doen.<\/p>\n<p>By die Taalsentrum hou tien personeellede hulself tans benewens hul dagtaak ook met navorsing in die vorm van nagraadse studie besig. Daar is sewe meestersgraadstudies aan die gang met onderwerpe wat strek van die ontwikkel van \u0149 beheerskema vir werkseise vir opvoedkundige tolke; \u0149 ondersoek na die gehalte van vertaalde Afrikaanse banktekste; metadiskoersmerkers in geskrewe tekste van veeltalige studente; leesspoedontwikkeling; tot taalge\u00efntegreerde leer; kurrikulumontwerp vir kliniese kommunikasie in Xhosa; en die gebruik van klikkertegnologie in \u0149 Xhosa-kommunikasiekursus. Die drie doktorsgraadkandidate ondersoek onderskeidelik revisie as \u0149 aspek van kwaliteitbestuur in \u0149 akademiese vertaalkantoor; die produksienetwerk van \u0149 getolkde universiteitslesing; en die ontwikkeling van tweedetaalskryfvaardighede in Afrikaans op universiteitsvlak.<\/p>\n<p>Ook is drie personeellede in die afgelope jaar beloon vir voltooide navorsing. Madel\u00e9 du Plessis het \u0149 MPhil in Opvoedkunde behaal vir haar werk oor die evaluering van \u0149 kliniese kommunikasiekursus in Xhosa aan \u0149 gesondheidswetenskappe-fakulteit. Vernita Beukes het \u0149 PhD behaal vir haar taakgebaseerde, rekenaargesteunde leer-en-onderrigprogram vir sosiale Afrikaans gemik op nie-Afrikaanssprekende internasionale studente. \u0149 PhD is ook aan Kabelo Sebolai toegeken vir sy navorsingsbydrae oor die inkrementele geldigheid van drie akademiesegeletterdheidstoetse by \u0149 Suid-Afrikaanse universiteit vir tegnologie.<\/p>\n<p>Navorsing verbreed horisonne sodat ons take op nuwe maniere kan aanpak en dit skep geleenthede om ons navorsingsinsigte met die buitew\u00eareld te deel. Benewens die taalondersteuningswerk wat die Taalsentrum elke dag doen, word daar dus ook kennis op verskeie gebiede ontwikkel. E-pos gerus vir <a href=\"mailto:rr@sun.ac.za\">dr Rose Richards<\/a> om in aanraking te kom met \u0149 kenner op \u0149 gebied waaroor ons hier berig het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Navorsing en die publikasie van bevindings is noodsaaklik vir \u0149 akademiese instelling om sy reputasie en geloofwaardigheid uit te bou. Navorsing by die Taalsentrum laat ons ook toe om te peins oor wat ons doen, hoekom ons doen wat ons doen, en of ons werkswyse nog die beste manier is om dit te doen. By&#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11100,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[230,258,237],"tags":[],"class_list":["post-13612","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-dialogos-afr","category-navorsing","category-nuutste-nuus"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13612","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13612"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13612\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":14092,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13612\/revisions\/14092"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11100"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13612"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13612"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13612"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}