{"id":13613,"date":"2017-08-21T17:34:12","date_gmt":"2017-08-21T16:34:12","guid":{"rendered":"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/aws-n-honderd-jaar-jonk\/"},"modified":"2021-01-18T11:59:10","modified_gmt":"2021-01-18T11:59:10","slug":"aws-n-honderd-jaar-jonk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/aws-n-honderd-jaar-jonk\/?lang=afr","title":{"rendered":"AWS \u0149 honderd jaar jonk!"},"content":{"rendered":"<p>Die <em>Afrikaanse Woordelys en Spelre\u00ebls <\/em>(<em>AWS<\/em>) pronk met \u0149 splinternuwe baadjie vir sy eeufees. Die elfde, omvattend herbewerkte uitgawe is vroeg in Augustus vanjaar amptelik vrygestel. Die heel eerste uitgawe is \u0149 volle eeu gelede as die <em>Afrikaanse Woordelijs en Spelre\u00ebls<\/em> in 1917 gepubliseer om te \u201cs\u00f4re dat ons taal in ieder opsig tot sij reg kom; dat dit die draer word van ons kultuur\u201d. Sedertdien het die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns hulle beywer om Afrikaans as skryftaal te help vestig en die leiding geneem deur re\u00ebls vir eenvormige spelling en skryfwyse in Afrikaans deur die <em>AWS<\/em> aan gebruikers beskikbaar te stel. Die nege lede van die huidige Taalkommissie, akademici sowel as taalpraktisyns, het sedert 2009 (die publikasiedatum van die tiende uitgawe) meer as 700 uur slegs aan gesamentlike vergaderings bestee om die <em>AWS<\/em> by te werk \u2013 sonder enige vergoeding.<\/p>\n<p>Verder is dit belangrik om die taal se groeiende woordeskat en segswyses asook die behoeftes van Afrikaans se skrywende gemeenskap in die <em>AWS<\/em> te weerspie\u00ebl, en dit is hier waar die Woordelys (nou 30\u00a0000 woorde sterk) \u2019n staatmaker is. Heelwat nuwe woorde uit gebruiksvari\u00ebteite soos Kaapse Afrikaans en Oranjerivierafrikaans is opgeneem, byvoorbeeld \u2018antie\u2019, \u2018dhaltjie\u2019, \u2018gangster\u2019 en \u2018poenankies\u2019 (wat \u2018oulik\u2019 beteken). Woorde soos \u2018googleloer\u2019, \u2018hommeltuig\u2019, \u2018meem\u2019, \u2018warsender\u2019, \u2018antispioenware\u2019, \u2018selfie\u2019, \u2018skermgreep\u2019, \u2018hidrobreking\u2019, \u2018venue\u2019 en selfs \u2018flop\u2019 het ook die Woordelys gehaal.<\/p>\n<p>\u201cAfrikaans is \u2019n dinamiese taal wat deurlopend ontwikkel, en die jongste <em>AWS<\/em> is \u2019n opwindende, lewende bewys hiervan,\u201d s\u00ea prof Gerhard van Huyssteen, voorsitter van die Taalkommissie. Die konteks waarvoor hierdie uitgawe voorberei is, is die leefw\u00eareld wat Afrikaanssprekendes tans moet verwoord, waar rekenaartegnologie snel ontwikkel, elektroniese korpusse van geskrewe Afrikaans beskikbaar is, die algemene publiek toegang tot die internet en sosiale media het, en internasionalisering en globalisering \u0149 gegewe is.<\/p>\n<p>Die formulering van die grondbeginsels van spelling in Afrikaans soos in die negende uitgawe (2002-publikasie) staan steeds vas, en twee nuwe hoofstukke is bygevoeg om leiding oor leestekens en trappe van vergelyking te gee. Lyste met plekname in die Ooste, landname met geldeenhede en ISO-kodes, en elemente in die periodieke tabel is bygevoeg sodat \u0149 mens ook nie verder d\u00e1\u00e1roor hoef te wonder \u2013 of te stry \u2013 nie.<\/p>\n<p>Die <em>AWS<\/em> is \u2019n publikasie van NB-Uitgewers wat onder die Pharos-druknaam verskyn, en is ook aanlyn beskikbaar.<\/p>\n<div id=\"attachment_2685\" style=\"width: 310px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a ref=\"magnificPopup\" href=\"\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/AWSuitgawes_collage.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-2685\" class=\"wp-image-2685 size-medium\" src=\"http:\/\/www0.sun.ac.za\/taalsentrum\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/AWSuitgawes_collage-300x300.jpg\" alt=\"Collage van AWS-uitgawes\" width=\"300\" height=\"300\" \/><\/a><p id=\"caption-attachment-2685\" class=\"wp-caption-text\">S\u00f3 lyk die <em>AWS <\/em>se nuwe baadjie, met die vorige uitgawes se voorblaaie as agtergrond.<\/p><\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Afrikaanse Woordelys en Spelre\u00ebls (AWS) pronk met \u0149 splinternuwe baadjie vir sy eeufees. Die elfde, omvattend herbewerkte uitgawe is vroeg in Augustus vanjaar amptelik vrygestel. Die heel eerste uitgawe is \u0149 volle eeu gelede as die Afrikaanse Woordelijs en Spelre\u00ebls in 1917 gepubliseer om te \u201cs\u00f4re dat ons taal in ieder opsig tot sij&#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11202,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[249,230,237,248],"tags":[],"class_list":["post-13613","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaanskursusse","category-dialogos-afr","category-nuutste-nuus","category-ons-tale"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13613","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13613"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13613\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":14093,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13613\/revisions\/14093"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11202"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13613"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13613"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13613"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}