{"id":13614,"date":"2017-06-12T20:53:39","date_gmt":"2017-06-12T19:53:39","guid":{"rendered":"http:\/\/www0.sun.ac.za\/languagecentre\/boektrommels-betower-kinders\/"},"modified":"2021-01-18T11:59:47","modified_gmt":"2021-01-18T11:59:47","slug":"boektrommels-betower-kinders","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/boektrommels-betower-kinders\/?lang=afr","title":{"rendered":"Boektrommels betower kinders"},"content":{"rendered":"<p>In die vorige uitgawe van <em>Dialogos<\/em> het ons <a href=\"http:\/\/www0.sun.ac.za\/taalsentrum\/?p=2560\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">berig<\/a> oor hoe \u0149 boereworsrolverkoping meertaligheid kon help bevorder. Ons volg nou daardie projek se spoor verder.<\/p>\n<p>Dit was met groot opgewondenheid dat die Vriende van Afrikaans, die Taalsentrum en die koshuis Academia op 20 April twee boektrommels by Akkerdoppies en Speelkring, twee kleuterskole in Stellenbosch, kon aflewer.<\/p>\n<p>Die boektrommels, saam R15 000 werd, is gefinansier deur skenkings en die \u201cKom koop \u0149 boereworsrol en maak \u0149 boektrommel vol\u201d-projek wat op 10 Maart vanjaar geloods is. Met hierdie projek het die Vriende van Afrikaans, die Taalsentrum, Academia en Matie Gemeenskapsdiens saamgespan om geld in te samel om boektrommels vir skole te koop. Die projek is ook deel van die Taalsentrum se 2017-meertaligheidsveldtog.<\/p>\n<p>Die kinders by die twee kleuterskole se gesiggies het behoorlik gestraal toe \u0149 boektrommel met 90 splinternuwe boekies voor hulle oopgemaak word. Chareldine van der Merwe van die Vriende van Afrikaans het met die kleuters gesels oor hoe \u0149 mens \u0149 boek reg hanteer, waarna sy vir hulle \u0149 storie voorgelees het. By albei skole het die kinders na die tyd het sommer spontaan twee liedjies gesing om dankie te s\u00ea. Academia gaan verder vanjaar voorleesinisiatiewe by die twee skole loods en ook aan die einde van die jaar verrassingspakkies aflewer om kinders by die skole in die regte stemming vir Kersfees te kry.<\/p>\n<p>\u201cDit laat \u0149 mens se hart voorwaar warm klop om die geskenk van boeke met kinders te deel. Ons hoop die towerkrag van boeke sal elke kind aanhou bekoor,\u201d s\u00ea Vernita Beukes van die Taalsentrum, wat die projek ko\u00f6rdineer. \u201cImmergroen Dr Suess s\u00ea tereg: \u2018You can find magic wherever you look. Sit back and relax, all you need is a book!\u2019\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die vorige uitgawe van Dialogos het ons berig oor hoe \u0149 boereworsrolverkoping meertaligheid kon help bevorder. Ons volg nou daardie projek se spoor verder. Dit was met groot opgewondenheid dat die Vriende van Afrikaans, die Taalsentrum en die koshuis Academia op 20 April twee boektrommels by Akkerdoppies en Speelkring, twee kleuterskole in Stellenbosch, kon&#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11100,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[230,237],"tags":[],"class_list":["post-13614","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-dialogos-afr","category-nuutste-nuus"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13614","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13614"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13614\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":14094,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13614\/revisions\/14094"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11100"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13614"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13614"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13614"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}