{"id":16247,"date":"2021-02-19T10:20:03","date_gmt":"2021-02-19T08:20:03","guid":{"rendered":"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/kom-ons-vier-daardie-eerste-een\/"},"modified":"2021-09-01T16:56:50","modified_gmt":"2021-09-01T14:56:50","slug":"kom-ons-vier-daardie-eerste-een","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/kom-ons-vier-daardie-eerste-een\/?lang=afr","title":{"rendered":"Kom ons vier daardie eerste een"},"content":{"rendered":"\n<p>Dis waarskynlik die taal waarin jy iets minder mooi sal s\u00ea as jy groot skrik. Die kans is groot dat jy ook in hierdie taal droom. As jy gelukkig is, sal jy kleuterversies daarin ken, en dalk selfs \u0149 paar arga\u00efese uitdrukkings en opgemaakte woorde&#8230; <\/p>\n\n<p>\u0149 Mens se moedertaal is \u0149 soort instinktiewe taal \u2013 diep ingebedde kennis wat vir jou as volwassene voel asof dit eenvoudig nog altyd daar was, en iets wat op die vreemdste tye na vore kan kom. Dit is gepas om \u0149 internasionale dag te h\u00ea om erkenning te gee aan hierdie baie persoonlike en kosbare hulpbron wat ons help om sin van die w\u00eareld te maak. \u0149 Mens se moedertaal of eerste taal dien ook as wegspringplek om meer tale te leer \u2013 soms met soveel sukses dat dit vir party mense later moeilik is om te onderskei tussen hul eerste en tweede taal.<\/p>\n\n<p>Internasionale Moedertaaldag word elke jaar op 21 Februarie gevier. Vir ons by die <a href=\"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/?lang=afr\">Taalsentrum<\/a> verskaf dit groot vreugde om erkenning aan hierdie dag te gee, en dit bevestig ook ons bestaansrede op \u0149 baie diep vlak. Taal begin by die eerste taal wat jy aanleer, en die wonder van daardie eerste taal leef voort en verder deur al die ander tale waarvoor jy jouself oopstel. Wanneer jy leer skryf en praat in \u0149 ander taal as jou moedertaal, stimuleer en verbreed dit interkulturele ervarings en dialoog tussen mense. Ons glo heelhartig dat kennis van en liefde vir verskillende tale kan bydra tot sterker verhoudings tussen mense, kulture en organisasies. Wanneer ons taalvaardigheid by die Taalsentrum aanmoedig en aankweek, moedig ons ons studente en kli\u00ebnte aan om alles te gee wanneer hulle nuwe tale saam met ons aanleer \u2013 of dit nou <a href=\"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/isixhosa-courses\/\">Xhosa<\/a>, <a href=\"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/afrikaans-courses\/\">Afrikaans<\/a> of <a href=\"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/english-courses\/\">Engels<\/a> is.<\/p>\n\n<p>Internasionale Moedertaaldag nooi elkeen van ons uit om vir \u0149 oomblik stil te staan en na te dink; om te onthou hoe dit vir elkeen van ons op \u0149 talige manier begin het. Wat is jou verhouding met die taal waarmee jy jou w\u00eareld die heel eerste keer kon benoem? Hierdie dag gee ons \u0149 kans om daardie persoonlike en individuele beginpunt te waardeer en te erken. Die viering van hierdie dag help om ons onderskeie erfenisse te bewaar en moedig ons aan om deel te word van \u0149 meertalige, kultuurryke samelewing wat \u0149 tuiste is vir \u0149 verskeidenheid tale. Maar dit begin alles met daardie baie belangrike eerste een: die moeder van alle tale.<\/p>\n\n<p>\u2013 <em>deur Susan Lotz, Kim Wallmach en Zandile Kondowe<\/em><\/p>\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"650\" height=\"919\" src=\"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/mother-language-poster.jpg\" alt=\"International Mother Language Day poster\" class=\"wp-image-16235\" srcset=\"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/mother-language-poster.jpg 650w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/mother-language-poster-212x300.jpg 212w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/mother-language-poster-198x280.jpg 198w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/mother-language-poster-600x848.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 650px) 100vw, 650px\" \/><\/figure>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis waarskynlik die taal waarin jy iets minder mooi sal s\u00ea as jy groot skrik. Die kans is groot dat jy ook in hierdie taal droom. As jy gelukkig is, sal jy kleuterversies daarin ken, en dalk selfs \u0149 paar arga\u00efese uitdrukkings en opgemaakte woorde&#8230; <\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":16235,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[297,233,383,237],"tags":[392,864,386,389],"class_list":["post-16247","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-geleenthede","category-kursusse","category-life-is-language-afr","category-nuutste-nuus","tag-internasionale-moedertaaldag","tag-meertalige-ingesteldheid","tag-moedertaal","tag-taal"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/16247","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=16247"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/16247\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":18420,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/16247\/revisions\/18420"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/16235"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=16247"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=16247"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=16247"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}