{"id":16885,"date":"2021-04-22T18:07:21","date_gmt":"2021-04-22T16:07:21","guid":{"rendered":"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/n-mymering-oor-die-vryheid-wat-taal-bring\/"},"modified":"2021-09-08T14:02:40","modified_gmt":"2021-09-08T12:02:40","slug":"n-mymering-oor-die-vryheid-wat-taal-bring","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/n-mymering-oor-die-vryheid-wat-taal-bring\/?lang=afr","title":{"rendered":"\u0149 Mymering oor die vryheid wat taal bring"},"content":{"rendered":"\n<p>Verbeel jou \u0149 w\u00eareld sonder taal. Kan \u0149 mens jouself so-iets selfs voorstel? Is taal nie so vervleg met denke dat dit nie eintlik help \u0149 mens dink as jy nie in taal dink nie? Hoe sou \u0149 mens toegang tot jou eie gedagtes kry en hulle kommunikeer as \u0149 mens dit nie in een of ander soort taal omsit nie?<\/p>\n\n<p><p>In sy boek, <em>The language instinct<\/em>, is Steven Pinker besig met dieselfde gedagte wanneer hy skryf: \u201cTaal is so nou met die menslike ervaring verweef dat dit skaars moontlik is om &#8216;n mens die lewe daarsonder voor te stel. Die kans is groot dat waar daar twee of meer mense saam op enige plek op aarde is, hulle vroe\u00ebr of later woorde sal wissel\u201d \u2013 of gebare sal uitruil. Dowe mense gebruik gebaretale net soos horende mense gesproke tale gebruik: om te lag, te huil en dinge te vier, en die resultaat kan net so emotief en <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=DMy1iJMZfyY\" data-mce-href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=DMy1iJMZfyY\">skeppend<\/a> wees.<\/p><\/p>\n\n<p>Die blote gedagte dat ons dit nie werklik kan weerstaan om ons taalinstink met ander te deel nie, laat \u0149 mens dink aan hoe vry taal en die vermo\u00eb om dit te gebruik, ons maak. Taal bevry die gedagtes in ons eie koppe deur vir ons \u0149 manier te gee waarop ons daardie gedagtes kan uitdruk, en iemand anders in die proses heel moontlik heel bly te maak (of te belas). Taal bied die geleentheid om uitdrukking te gee, om gehoor te word, en sodoende kontak te maak. Verskillende tale mag deur verskillende re\u00ebls en konvensies gerig word, maar die wawye, oop vryheid wat in die vermo\u00eb l\u00ea om taal te gebruik en iets te skep wat nog niemand anders ooit op daardie presiese manier ges\u00ea het nie, is werklik iets om &#8216;n mens aan te verwonder. Dink aan gedigte, meningstukke, blogs, essays of boeke oor dieselfde temas deur verskillende outeurs: dieselfde goue draad kan deur hulle almal loop, maar daar is soveel verskillende maniere om \u0149 ding te s\u00ea. Maak hierdie gedagte jou nie sommer lus om dadelik aan die skryf te gaan nie?<\/p>\n\n<p>Ons ervaar \u0149 tyd waarin ons vryheid van beweging en vryheid van assosiasie deur die risiko om mekaar aan te steek, gekortwiek word. Terwyl sommige van ons fisieke vryhede tans ingeperk word om die verspreiding van die pandemie wat ons in die gesig staar, te beteuel, is ons intellektuele vryheid onbelemmerd.<\/p>\n\n<p><p>Vir Vryheidsdag vanjaar kies ons by die Taalsentrum om die vryheid wat ons in taal het, te vier \u2013 die oneindige moontlikhede wat taal bring wanneer ons onsself uitdruk, met mekaar skakel en ons lewens leef, selfs al is ons fisieke radius \u2013 tydelik \u2013 kleiner.<\/p><\/p>\n\n<p>\u2013 deur Susan Lotz en Kim Wallmach<\/p>\n\n<p><p>Volle verwysing:<br\/>Pinker, Steven. 1994. <em>The language instinct: The new science of language and mind<\/em>. Penguin Books: Londen. 3<\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Verbeel jou \u0149 w\u00eareld sonder taal. Kan \u0149 mens jouself so-iets selfs voorstel? Is taal nie so vervleg met denke dat dit nie eintlik help \u0149 mens dink as jy nie in taal dink nie? Hoe sou \u0149 mens toegang tot jou eie gedagtes kry en hulle kommunikeer as \u0149 mens dit nie in een of ander soort taal omsit nie?<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":16867,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[297,383,237,248],"tags":[481,864,861,478,484,475,487,472,469],"class_list":["post-16885","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-geleenthede","category-life-is-language-afr","category-nuutste-nuus","category-ons-tale","tag-liefde-vir-taal","tag-meertalige-ingesteldheid","tag-multilingual-mindset-afr","tag-skryf","tag-taal-en-denke","tag-taal-is-lewe","tag-taalinstink","tag-taalkundige-verskeidenheid","tag-vryheidsdag"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/16885","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=16885"}],"version-history":[{"count":17,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/16885\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":18567,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/16885\/revisions\/18567"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/16867"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=16885"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=16885"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=16885"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}