{"id":17365,"date":"2021-07-01T23:14:09","date_gmt":"2021-07-01T21:14:09","guid":{"rendered":"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/boekgeselsie-met-eppie-m\/"},"modified":"2021-07-01T23:36:56","modified_gmt":"2021-07-01T21:36:56","slug":"boekgeselsie-met-eppie-m","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/boekgeselsie-met-eppie-m\/?lang=afr","title":{"rendered":"Boekgeselsie met Eppie M"},"content":{"rendered":"\n<p>Leer ken ons deur die boeke wat ons ons lees! Elke eerste Vrydag van die maand deel ons \u0149 onderhoud met \u0149 Taalsentrumpersoneellid oor \u0149 gunstelingboek.<\/p>\n\n\n\n<p>Eppie McFarlane is \u0149 TEFL-instrukteur by die Taalsentrum en \u0149 Engelstweedetaal-onderwyser. (TEFL is die kwalifikasie wat mense in staat stel om onderrig te gee in Engels as vreemde taal. Lees gerus <a href=\"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/product\/teaching-english-as-a-foreign-language-tefl\/\">hier<\/a> meer oor die Taalsentrum se TEFL-kursus.)<\/p>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\" type=\"1\"><li><strong>Eppie, wat is die titel van jou gunstelingboek?\u200b<\/strong>\r\n<em>Outlander<\/em><\/li><li><strong>Hoekom is dit jou gunstelingboek?<\/strong>\u200b\r\nDis \u0149 uitstekende, geloofwaardige sage wat pragtig geskryf en deeglik nagevors is.<\/li><li><strong>Wie is jou gunstelingouteur? Hoe s\u00f3?<\/strong>\r\nOp die oomblik Diana Gabaldon, weens haar uitmuntende skryfstyl en navorsing.<\/li><li><strong>Wat lees jy tans?\u200b<\/strong>\r\nDie boeke van die <em>Outlander<\/em> 7-reeks. Ek is nou so te s\u00ea klaar met die sesde boek en ek het die agtste boek op my Kindle. Ons het na die reeks gekyk en ek geniet dit terde\u00eb om die boeke te lees.<\/li><li><strong>Watter boek het jy al meer as eenkeer gelees? Vertel vir ons hoekom?<\/strong>\r\nEk het al baie boeke herlees. Lees is vir my ontvlugting \u2013 ek bevind my vinnig in \u0149 fiktiewe w\u00eareld wanneer ek lees, en ek hou van stories wat goeie nuus deel. Omdat geskiedenis my fassineer, ontsnap ek graag na \u0149 fiktiewe historiese verhaal. As iets goed geskryf is, sal ek dit lees. Ek het al talle goeie moderne romans gelees en ek geniet klassieke werke, maar ek sal nie uit my eie vrye wil wetenskapsfiksie, gruwelverhale, <em>Harry Potter<\/em> of <em>Lord of the Rings <\/em>lees of na flieks of storiereekse oor hulle kyk nie.<\/li><li><strong>Wie is jou gunsteling- liter\u00eare karakter?<\/strong>\r\nOp die oomblik Claire Beauchamp, want die outeur het haar op \u0149 baie interessante manier laat ontwikkel in die tydvak waarin die verhaal afspeel.<\/li><li><strong>Watter boek of boeke sal jy by jou studente aanbeveel?\u200b\r\n<\/strong>Dis \u0149 moeilike vraag om te beantwoord omdat dit afhang van die vlak waarop die studente is, hulle belangstellings, en die soort boeke wat hulle graag lees. Romans kan werk vir studente op \u0149 ho\u00ebr vlak (gevorderde intermedi\u00ear en ho\u00ebr) maar dunner boeke, ook geskikte niefiksieboeke, is geskik vir laervlakstudente. Ek is byvoorbeeld lief daarvoor om kos te maak en ek deel dikwels resepte en kookboeke met my studente. Ek vra hulle ook om hulle gunstelingresepte neer te skryf \u2013 ek het al \u0149 hele versameling resepte! Reisgidse kan vir die laer vlakke gebruik word, asook ander interessante niefiksieboeke, soos di\u00e9 wat handel oor plante, diere en plekke waar die studente woon of wat hulle van plan is om te besoek. Po\u00ebsie werk gewoonlik nie vir EVT-studente (studente wat besig is om Engels as \u0149 vreemde taal te leer) nie, en strokiesprentverhale uiteraard ook nie, omdat alles nie uitgespel word nie. Dit kom daarop neer dat \u0149 mens nie kan veralgemeen nie. Ek sou eerder leesstof aanbeveel as ek weet vir wie spesifiek, omdat studente sulke uiteenlopende behoeftes het.<\/li><\/ol>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large is-resized\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/wp-content\/uploads\/2021\/07\/image-1-1024x1024.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-17317\" width=\"512\" height=\"512\" srcset=\"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/07\/image-1-1024x1024.png 1024w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/07\/image-1-300x300.png 300w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/07\/image-1-150x150.png 150w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/07\/image-1-600x600.png 600w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/07\/image-1-280x280.png 280w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/07\/image-1.png 1080w\" sizes=\"auto, (max-width: 512px) 100vw, 512px\" \/><\/figure>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Leer ken ons deur die boeke wat ons ons lees! Elke eerste Vrydag van die maand deel ons \u0149 onderhoud met \u0149 Taalsentrumpersoneellid oor \u0149 gunstelingboek. Eppie McFarlane is \u0149 TEFL-instrukteur by die Taalsentrum en \u0149 Engelstweedetaal-onderwyser. (TEFL is die kwalifikasie wat mense in staat stel om onderrig te gee in Engels as vreemde taal&#8230;.<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":17341,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[679,295,233,306,383,237],"tags":[676,703,670,697,688,691,694,682,700,658,685],"class_list":["post-17365","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-boekgeselsie","category-engelse-kursusse","category-kursusse","category-leeslab","category-life-is-language-afr","category-nuutste-nuus","tag-claire-beauchamp","tag-claire-beauchamp-afr","tag-diana-gabaldon","tag-diana-gabaldon-afr","tag-engels-as-n-tweede-taal","tag-gunstelingboek","tag-gunstelingkarakter","tag-lees","tag-outlander-reeks","tag-tefl","tag-tefl-afr"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/17365","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=17365"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/17365\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":17380,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/17365\/revisions\/17380"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/17341"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=17365"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=17365"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=17365"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}