{"id":18483,"date":"2021-09-03T09:03:04","date_gmt":"2021-09-03T07:03:04","guid":{"rendered":"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/boekgeselsie-met-alta-vr\/"},"modified":"2021-09-03T23:02:51","modified_gmt":"2021-09-03T21:02:51","slug":"boekgeselsie-met-alta-vr","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/boekgeselsie-met-alta-vr\/?lang=afr","title":{"rendered":"Boekgeselsie met Alta vR"},"content":{"rendered":"<section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-6 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-us_600_600_crop wp-image-18510\" src=\"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/wp-content\/uploads\/2021\/09\/Post9_BookQA_Sept_Alta_AFR-600x600.png\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"600\" srcset=\"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/09\/Post9_BookQA_Sept_Alta_AFR-600x600.png 600w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/09\/Post9_BookQA_Sept_Alta_AFR-300x300.png 300w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/09\/Post9_BookQA_Sept_Alta_AFR-1024x1024.png 1024w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/09\/Post9_BookQA_Sept_Alta_AFR-150x150.png 150w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/09\/Post9_BookQA_Sept_Alta_AFR-280x280.png 280w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/09\/Post9_BookQA_Sept_Alta_AFR.png 1080w\" sizes=\"auto, (max-width: 600px) 100vw, 600px\" \/><\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><div class=\"vc_col-sm-6 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p>&nbsp;<\/p>\n<p>Leer ken ons deur die boeke wat ons ons lees! Elke eerste Vrydag van die maand deel ons \u0149 onderhoud met \u0149 Taalsentrumpersoneellid oor \u0149 gunsteling- of onvergeetlike boek.<\/p>\n<p>Alta is baie lief vir lees en vir reis, en as di\u00e9 twee elemente gekombineer kan word, nog beter.<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><strong>Wat is die titel van die gunstelingboek(e) waarvan jy wil vertel?<\/strong> Iets wat ek onlangs geniet het, is Lucinda Riley se <em>Seven Sisters<\/em>-reeks, wat tans uit sewe boeke bestaan. Dit is gebaseer op die sterswerm (<em>star cluster<\/em>) Pleiades wat in verskeie kulture beskryf word. Die reeks begin met die heengaan van sewe aangenome susters se pa, en die briewe wat hy aan elke dogter geskryf het met leidrade oor waar elkeen vandaan kom as hulle sou kies om hulle bloedfamilie op te spoor. Teen die einde van die sewende boek raak dit duidelik dat daar \u2019n agtste boek oor die pa sal moet wees. Met die outeur se afsterwe is lesers nog steeds nie seker of daardie laaste boek geskryf is en gepubliseer gaan word nie. Die onsekerte laat my so effens dink aan <em>Game of Thrones.<\/em>..<\/p>\n<p><strong>Hoekom is dit \u0149 gunsteling?<\/strong><br \/>\nVier hoofredes: Eerstens, die leser reis saam met elke suster na verskeie dele van die w\u00eareld (soos Brasili\u00eb, Skotland, Kenia en Ierland) waar twee storielyne jou boei, een in die hede en een in die verlede, waarna hierdie twee storielyne saamgesnoer word. Tweedens, dis sterk vrouekarakters wie se lewens skielik omver gewerp word, en die leser ervaar elke suster se innerlike reis in haar soeke na haar identiteit en bestaansrede. Derdens, die oudste suster is soos ek \u0149 vertaler. En vierdens, ek het voorgraads musiek studeer, en die tweede suster het familiebande met die Noorweegse komponis Edvard Grieg. So n\u00e1 daardie eerste boeke kon ek nie die res van die reeks weerstaan nie.<\/p>\n<p><strong>Wie is jou gunstelingouteur? Hoe s\u00f3?<\/strong><br \/>\nEk is lief vir fantasie, veral Terry Pratchett en Neil Gaiman. En Natani\u00ebl se rubrieke laat my telkens skater van die lag.<\/p>\n<p><strong>Wat lees jy op die oomblik?<\/strong><br \/>\n<em>The Artist\u2019s Way<\/em> deur Julia Cameron, waarin ek reeds \u0149 hele paar idees gekry het oor hoe om my kreatiwiteit weer te ontdek en te ontwikkel.<\/p>\n<p><strong>Verkies jy dit om \u2018regte\u2019 gedrukte boeke te lees, of lees jy eerder boeke op \u0149 Kindle of \u0149 ander elektroniese platform? Wat is die rede vir jou voorkeur?<\/strong><br \/>\nDaar is geen opsie nie \u2013 ek wil definitief die gedrukte boek se papier in my hande voel.<\/p>\n<p><strong>Watter boek het jy al meer as een keer gelees? Vertel ons hoekom?<\/strong><br \/>\n<em>Elders<\/em> deur Erns Grundling, waarin hy sy pelgrimstog op die Camino (die Franse roete) beskryf. Dit het my aangespoor en ek het in Oktober 2019 die Portugese Kusroete saam met \u0149 groep van die tydskrif <em>Weg<\/em> gaan stap. Ek is uiters dankbaar dat ek daardie reis ni\u00e9 uitgestel het tot later ni\u00e9. <em>Buen Camino<\/em>!<\/p>\n<p><strong>Wie is jou gunsteling- liter\u00eare karakter?<\/strong><br \/>\nDie kat Maurice in Terry Pratchett se <em>The Amazing Maurice and his Educated Rodents<\/em>. Maurice is \u0149 straatkat en swendelaar wat \u2013 met die hulp van \u0149 paar slim rotte \u2013 geld maak uit mense se goedgelowigheid. Hierdie boek is pure pret!<\/p>\n<p><strong>Het jy dalk \u0149 lewensles by \u0149 boek of \u0149 karakter uit \u0149 boek geleer wat jy met ons wil deel?<\/strong><br \/>\nDie onlangse heengaan van \u0149 liewe kollega het my herinner aan \u0149 boek uit my kinderdae: Michael Ende se sprokiesroman <em>Momo<\/em> wat uit Duits in Afrikaans vertaal is. Dit is \u0149 tydlose verhaal oor die \u201cgrys menere\u201d wat mense se tyd steel. Die dogtertjie Momo is die enigste een wat raaksien wat besig is om te gebeur. Sy is bang, maar ook dapper genoeg om die gesteelde tyd te gaan soek en aan die mense terug te gee. Ons kan ongelukkig nie verlore tyd inhaal nie, daarom probeer ek hard om hi\u00e9rdie oomblik ten volle te beleef en om herinneringe saam met my geliefdes te skep.<\/p>\n<p><strong>Watter boeke kan jy aanbeveel, as jy dit nog nie in een van jou ander antwoorde genoem het nie?<\/strong><br \/>\nTracy Chevalier: Sy kombineer historiese feite met verbeelding om in <em>Girl with a Pearl Earring<\/em> \u0149 agtergrondstorie te weef oor die beroemde skildery deur die Nederlandse skilder Jan Vermeer. Lees gerus ook haar ander boeke. Enigiets deur Marita van der Vyver \u2013 ook haar kosboeke. En dan veral: \u00e9nigiets wat jou hardop laat skater van die lag!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"&nbsp; Leer ken ons deur die boeke wat ons ons lees! Elke eerste Vrydag van die maand deel ons \u0149 onderhoud met \u0149 Taalsentrumpersoneellid oor \u0149 gunsteling- of onvergeetlike boek. Alta is baie lief vir lees en vir reis, en as di\u00e9 twee elemente gekombineer kan word, nog beter. Wat is die titel van die...","protected":false},"author":4,"featured_media":17341,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[679,237],"tags":[936,954,957,975,691,694,951,924,978,960,966,969,945,942,930,927,939,963,948,972,933],"class_list":["post-18483","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-boekgeselsie","category-nuutste-nuus","tag-edvard-grieg-afr","tag-elders-afr","tag-erns-grundling-afr","tag-girl-with-a-pearl-earring-afr","tag-gunstelingboek","tag-gunstelingkarakter","tag-julia-cameron-afr","tag-lucinda-riley-afr","tag-marita-van-der-vyver-afr","tag-maurice-afr","tag-michael-ende-afr","tag-momo-afr","tag-nataniel-afr","tag-neil-gaiman-afr","tag-reis","tag-seven-sisters-afr","tag-terry-pratchett-afr","tag-the-amazing-maurice-and-his-educated-rodents-afr","tag-the-artists-way-afr","tag-tracy-chevalier-afr","tag-vertaling"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18483","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=18483"}],"version-history":[{"count":10,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18483\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":18543,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18483\/revisions\/18543"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/17341"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=18483"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=18483"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=18483"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}