{"id":19038,"date":"2021-11-04T23:22:07","date_gmt":"2021-11-04T21:22:07","guid":{"rendered":"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/boekgeselsie-met-mariann-m\/"},"modified":"2021-11-05T09:56:12","modified_gmt":"2021-11-05T07:56:12","slug":"boekgeselsie-met-mariann-m","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/boekgeselsie-met-mariann-m\/?lang=afr","title":{"rendered":"Boekgeselsie met Mariann M"},"content":{"rendered":"<section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-6 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-us_600_600_crop wp-image-19056\" src=\"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/SM_BookQA_Nov_Mariann_AFR-600x600.png\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"600\" srcset=\"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/SM_BookQA_Nov_Mariann_AFR-600x600.png 600w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/SM_BookQA_Nov_Mariann_AFR-300x300.png 300w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/SM_BookQA_Nov_Mariann_AFR-1024x1024.png 1024w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/SM_BookQA_Nov_Mariann_AFR-150x150.png 150w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/SM_BookQA_Nov_Mariann_AFR-280x280.png 280w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/SM_BookQA_Nov_Mariann_AFR.png 1080w\" sizes=\"auto, (max-width: 600px) 100vw, 600px\" \/><\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><div class=\"vc_col-sm-6 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p>Leer ken ons deur die boeke wat ons ons lees! Elke eerste Vrydag van die maand deel ons \u0149 onderhoud met \u0149 Taalsentrumpersoneellid oor \u0149 gunsteling- of onvergeetlike boek.<\/p>\n<p>Ons gesels hierdie maand met Mariann Maartens, \u0149 opvoedkundige tolk by die Taalsentrum, en ook \u0149 direksielid van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSALB). Mariann kry deesdae min tyd vir lees, maar sy voel baie entoesiasties oor wat sy w\u00e9l gelees kry.<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><strong>So, geen gunstelingboek en -skrywer nie?<br \/>\n<\/strong>Ek het glad nie \u0149 gunstelingboek nie. Daar is nie \u0149 manier wat ek myself in \u0149 hoekie in \u0149 benouende kamertjie kan inverf met net een boek van een skrywer nie. Ek sal dan die mure moet uitklim. Ek het beslis ook nie \u0149 gunstelingouteur nie. Dit gaan meer om die rede vir die boek se bestaan, die inhoud, die openbarings, lewenslesse, insigte en die gevoel van vreugde of verdriet waarmee dit my laat.<\/p>\n<p><strong>Wat lees jy op die oomblik?<br \/>\n<\/strong>As ek maar net die tyd kan kry om almal wat wag te kan lees! Ek lees op die oomblik <em>Hijackers on board <\/em>van Cynthia Stimpel (dit vertel hoe een dapper fluitjieblaser op haar eentjie die SAA se kaping aangevat en aan die parlement se tesourie rapporteer het). En dan wag <em>A woman makes a plan<\/em> van Maye Musk (\u0149 inspirerende memoir oor hoe Elon Musk se ma, as \u0149 enkelma, \u0149 amper onoorkomelike emosionele en finansi\u00eble stryd gestry het en as \u0149 oorwinnaar gese\u00ebvier het) en Ryan Blumenthal se <em>Autopsy<\/em> (<em>life in the trenches with a forensic pathologist in Africa).<\/em><\/p>\n<p><strong>Verkies jy dit om \u2018regte\u2019 gedrukte boeke te lees, of lees jy eerder boeke op <\/strong><strong>\u0149<\/strong><strong> Kindle of <\/strong><strong>\u0149<\/strong><strong> ander elektroniese platform? Wat is die rede vir jou voorkeur?<br \/>\n<\/strong>\u0149 Kindle kan MISKIEN werk op \u0149 lang oorsese vlug, met die klem op miskien! Daar is niks so lekker as die geur van die blaaie van \u0149 boek nie. Wat miskien naby aan daardie amper-onverstaanbare lekkerte kom, is die knik-val van jou boek in jou hand saam met jou toeval-o\u00eb op jou kopkussing in die poel van jou bedlig.<\/p>\n<p><strong>Watter boek het jy al meer as een keer gelees? Vertel ons hoekom?<br \/>\n<\/strong>Boeke wat oud maar nog nie koud is nie, wink altyd vir nog \u0149 leesherinnering: <em>Catch 22<\/em> van Joseph Heller, <em>My wicked wicked ways<\/em> van Errol Flynn en al Spike Milligan se boeke. Wie kan sy \u201c<em>We don\u2019t have a plan, so nothing can go wrong<\/em>\u201d-s\u00eading of sy grafskrif \u201c<em>I told you I was ill<\/em>\u201d vergeet?<\/p>\n<p><strong>Wie is jou gunsteling- liter<\/strong><strong>\u00eare karakter?<br \/>\n<\/strong>Morticia Addams van die Addams-gesin.<\/p>\n<p><strong>Het jy dalk <\/strong><strong>\u0149<\/strong><strong> lewensles by <\/strong><strong>\u0149<\/strong><strong> boek of <\/strong><strong>\u0149<\/strong><strong> karakter uit <\/strong><strong>\u0149<\/strong><strong> boek geleer wat jy met ons wil deel, as jy dit nog nie in een van jou ander antwoorde genoem het nie?<br \/>\n<\/strong>Morticia Addams breek \u0149 lansie vir enige vrou wat haar eie hartstogtelike persoonlikheid het, en nie \u0149 duit omgee wat enigiemand van haar, haar voorkeure of uitlatings dink nie (ek wens ek kon so wees!). Sy glo in haarself \u2013 so gemaak en so laat staan. Haar leuse is duidelik: aanvaar my soos ek is, of vat die pad.<\/p>\n<p><strong>Watter boek of boeke kan jy by jou studente, vriende en enige iemand anders aanbeveel?<br \/>\n<\/strong>Minstens Cynthia Stimpel se <em>Hijackers on board<\/em>. Ek het ongelukkig nog nie my weg gebaan deur die hele boek nie, maar ek het Cynthia se praatjie oor haar boek bygewoon (spog-spog \u2026 en ek het \u0149 \u00a0persoonlik-getekende boek wat ek op die oomblik lees :-D). Dit was \u0149 openbaring om te hoor hoe hierdie vrou \u0149 wilsbesluit geneem het om vrou-alleen op te staan teen die \u2018SAA-Goliat\u2019 toe sy besef het dat sy nie saamstem met hul etiek en bedryfsprosesse nie. Sy is verguis daaroor. Sy het haar werk verloor en haar reputasie het skade gely, maar haar integriteit en selfrespek het gese\u00ebvier. Ek haal my hoed af vir haar en hoop dat ek \u0149 greintjie van wat sy het iewers in my persoonlikheid kan vind en dit van krag tot krag kan koester en uitleef.<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"Leer ken ons deur die boeke wat ons ons lees! Elke eerste Vrydag van die maand deel ons \u0149 onderhoud met \u0149 Taalsentrumpersoneellid oor \u0149 gunsteling- of onvergeetlike boek. Ons gesels hierdie maand met Mariann Maartens, \u0149 opvoedkundige tolk by die Taalsentrum, en ook \u0149 direksielid van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSALB). Mariann kry deesdae min...","protected":false},"author":4,"featured_media":17341,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[679,237],"tags":[1083,1068,1065,1077,1071,1080,1062,1074],"class_list":["post-19038","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-boekgeselsie","category-nuutste-nuus","tag-addams-family-afr","tag-cyntia-stimpel-afr","tag-hettie-smit-afr","tag-joseph-heller-afr","tag-maye-musk-afr","tag-morticia-addams-afr","tag-reading-for-pleasure-afr","tag-spike-milligan-afr"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19038","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=19038"}],"version-history":[{"count":22,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19038\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":19131,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19038\/revisions\/19131"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/17341"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=19038"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=19038"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=19038"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}