{"id":19446,"date":"2021-12-02T21:20:45","date_gmt":"2021-12-02T19:20:45","guid":{"rendered":"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/boekgeselsie-met-risha-l\/"},"modified":"2021-12-02T22:04:24","modified_gmt":"2021-12-02T20:04:24","slug":"boekgeselsie-met-risha-l","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/boekgeselsie-met-risha-l\/?lang=afr","title":{"rendered":"Boekgeselsie met Risha L"},"content":{"rendered":"<section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-6 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-us_600_600_crop wp-image-19464\" src=\"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/wp-content\/uploads\/2021\/12\/Post10_BookQA_Dec_AFR-600x600.png\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"600\" srcset=\"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/12\/Post10_BookQA_Dec_AFR-600x600.png 600w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/12\/Post10_BookQA_Dec_AFR-300x300.png 300w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/12\/Post10_BookQA_Dec_AFR-1024x1024.png 1024w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/12\/Post10_BookQA_Dec_AFR-150x150.png 150w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/12\/Post10_BookQA_Dec_AFR-280x280.png 280w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2021\/12\/Post10_BookQA_Dec_AFR.png 1080w\" sizes=\"auto, (max-width: 600px) 100vw, 600px\" \/><\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><div class=\"vc_col-sm-6 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p>Leer ken ons deur die boeke wat ons ons lees! Elke eerste Vrydag van die maand deel ons \u0149 onderhoud met \u0149 Taalsentrumpersoneellid oor \u0149 gunsteling- of onvergeetlike boek.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ons gesels vandeesmaand met Risha L\u00f6tter, \u0149 opvoedkundige tolk wat ook haar eie podsending en blog het. Risha s\u00ea sy lees na willekeur, maar het \u0149 groot voorliefde vir outydse Britse speurverhale, en dagdroom daaroor om eendag self \u0149 speurverhaal te skryf om aan Agatha Christie hulde te bring.<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><strong>Wat is die titel van jou gunstelingboek? (Dit kan ook <\/strong><strong>\u0149<\/strong><strong> boek wees wat <\/strong><strong>\u0149<\/strong><strong> diep indruk op jou gemaak het, of <\/strong><strong>\u0149<\/strong><strong> boek wat jy om die een of ander rede as onvergeetlik ervaar het.)<br \/>\n<\/strong>Dit voel soos \u0149 onbegonne taak om \u0149 gunsteling te kies, maar die drie boeke wat in die onlangse verlede die diepste indruk op my gemaak het, is Barbara Kingsolver se <em>The Poisonwood Bible<\/em>, Chimamanda Ngozi Adichie se <em>Purple Hibiscus<\/em>, en <em>The Ocean at the End of the Lane<\/em> deur Neil Gaiman.<\/p>\n<p><strong>Hoekom is di<\/strong><strong>\u00e9 jou gunstelingboeke<\/strong><strong>?<br \/>\n<\/strong>Interessant genoeg handel al drie hierdie boeke oor kinderjare \u2013 \u0149 tydperk in ons lewens wat hom by uitnemendheid leen tot vertellings en hervertellings en wat vol nostalgie is. Die jong vertellers in elke boek, en die onskuld, maar tog ook wysheid, waarmee hulle die w\u00eareld benader, het my verbeelding werklik aangegryp. Ek dink dat een van die belangrikste dinge wat \u0149 goeie boek doen, is om ons weg te voer na \u0149 w\u00eareld wat anders, maar tog herkenbaar is, en op di\u00e9 manier dan \u0149 gevoel van deernis by ons wek. D\u00edt alles het hierdie boeke op \u0149 aangrypende manier vir my gedoen.<\/p>\n<p><strong>Wie is jou gunstelingouteur? Hoe s<\/strong><strong>\u00f3?<br \/>\n<\/strong>Dis weer onmoontlik om te kies! Maar die outeurs tot wie ek my op \u0149 moeilike dag wend, is Agatha Christie en Terry Pratchett \u2013 vroeg 20ste-eeuse speurverhale en fiktiewe fantasiew\u00earelde is my eerste keuse vir ontvlugting.<\/p>\n<p><strong>Wat lees jy op die oomblik?<br \/>\n<\/strong>Niefiksie: Martha Beck se <em>The way of integrity, <\/em>wat tot dusver sowel snaaks as wys is. Fiksie: <em>Once there were wolves<\/em>, deur Charlotte McConaghy. Dis \u0149 droewe en pragtige sielkundige riller wat in Skotland afspeel. Ek het onlangs ook <em>Strange Fish<\/em> deur Milton Schorr gelees; \u0149 magies-realistiese hervertelling van die mite van die klein meermin, wat aan Suid-Afrika se Weskus afspeel. Dit was \u0149 louter vreugde om so \u0149 aangrypende sin van plek en geskiedenis in \u0149 roman te\u00eb te kom en om die landskap en verwysings te herken.<\/p>\n<p><strong>Verkies jy dit om \u2018regte\u2019 gedrukte boeke te lees, of lees jy eerder boeke op <\/strong><strong>\u0149<\/strong><strong> Kindle of <\/strong><strong>\u0149<\/strong><strong> ander elektroniese platform? Wat is die rede vir jou voorkeur?<br \/>\n<\/strong>Ek sal e-boeke lees as ek moet, maar ek lees baie eerder werklike boeke, veral omdat ek bladsye se hoekies omvou, gedeeltes onderstreep, en oor die algemeen graag met \u0149 werklike boek omgaan. Na my mening m\u00f3\u00e9t boeke ietwat verweerd voorkom en lyk asof iemand hulle liefhet.<\/p>\n<p><strong>Watter boek het jy al meer as een keer gelees? Vertel ons hoekom?<br \/>\n<\/strong>Ek is gedurig besig om Daniel Ladinsky se vertaling van Hafiz se digbundel, <em>The subject tonight is love, <\/em>te herlees<em>. <\/em>As ek aan elke mens in die w\u00eareld een enkele boek kon gee, sou dit di\u00e9 boek wees.<\/p>\n<p><strong>Wie is jou gunsteling- liter<\/strong><strong>\u00eare <\/strong><strong>karakter?<br \/>\n<\/strong>Granny Weatherwax in die Discworld-reeks. As \u0149 heks, \u0149 vroedvrou, \u0149 wyse vrou en \u0149 verbasend komplekse persoon, is sy basies alles wat ek wil wees wanneer ek eendag groot is.<\/p>\n<p><strong>Het jy dalk <\/strong><strong>\u0149<\/strong><strong> lewensles by <\/strong><strong>\u0149<\/strong><strong> boek of <\/strong><strong>\u0149<\/strong><strong> karakter uit <\/strong><strong>\u0149<\/strong><strong> boek geleer wat jy met ons wil deel, as jy dit nog nie in een van jou ander antwoorde genoem het nie?<br \/>\n<\/strong>Toe ek tien jaar oud was, het ek Philip Yancey se <em>What\u2019s so amazing about grace?<\/em> vir die eerste keer gelees, en toe ek \u0149 tiener was, het ek dit weer gelees. Die het my hele lewe verander. Yancey is van mening dat genade iets bitterlik ongewoon is \u2013 \u0149 wegbreek van die natuurwette van oorsaak en gevolg; die finale opstand teen \u0149 w\u00eareld vol pyn en lyding. Ek sien nou orals genade: in ons daaglikse omgang met mekaar, en veral in die manier waarop die planeet Aarde ons steeds aan die lewe hou en versorg, ten spyte van ons gewetenlose plundering van haar hulpbronne.<\/p>\n<p><strong>Watter boek of boeke kan jy by jou studente, vriende en enige iemand anders aanbeveel?<br \/>\n<\/strong>A die boeke wat ek tot dusver genoem het! Ook <em>Sula<\/em>, deur Toni Morrison, Antjie Krog se hele oeuvre, en enige iets deur Mary Oliver. Wat niefiksie betref, sal ek Bessel van der Kolk se <em>The body keeps the score<\/em> sterk aanbeveel. Dis \u0149 lywige teer en deeglik nagevorsde werk oor trauma, menslike geeskragtigheid, en hoe ons onsself kan genees.<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons gesels vandeesmaand met Risha L\u00f6tter, \u0149 opvoedkundige tolk wat ook haar eie podsending en blog het. Risha s\u00ea sy lees na willekeur, maar het \u0149 groot voorliefde vir outydse Britse speurverhale, en dagdroom daaroor om eendag self \u0149 speurverhaal te skryf om aan Agatha Christie hulde te bring.<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":20405,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[679,237],"tags":[1155,1161,1152,1164,1173,942,1167,1170,1158],"class_list":["post-19446","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-boekgeselsie","category-nuutste-nuus","tag-agatha-christie-afr","tag-barbara-kingsolver-afr","tag-britse-speurstories","tag-chimamanda-ngozi-adichie-afr","tag-hafiz-se-gedigte","tag-neil-gaiman-afr","tag-purple-hibiscus-afr","tag-the-ocean-at-the-end-of-the-lane-afr","tag-the-poisonwood-bible-afr"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19446","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=19446"}],"version-history":[{"count":7,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19446\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":19479,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19446\/revisions\/19479"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/20405"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=19446"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=19446"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=19446"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}