{"id":20432,"date":"2022-02-03T15:33:44","date_gmt":"2022-02-03T13:33:44","guid":{"rendered":"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/boekgeselsie-met-rose-r\/"},"modified":"2022-02-04T12:41:09","modified_gmt":"2022-02-04T10:41:09","slug":"boekgeselsie-met-rose-r","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/boekgeselsie-met-rose-r\/?lang=afr","title":{"rendered":"Boekgeselsie met Rose R"},"content":{"rendered":"<section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-6 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-us_600_600_crop wp-image-20498\" src=\"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/SM_BookQA_Feb_AFR-600x600.png\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"600\" srcset=\"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/SM_BookQA_Feb_AFR-600x600.png 600w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/SM_BookQA_Feb_AFR-300x300.png 300w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/SM_BookQA_Feb_AFR-1024x1024.png 1024w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/SM_BookQA_Feb_AFR-150x150.png 150w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/SM_BookQA_Feb_AFR-280x280.png 280w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/SM_BookQA_Feb_AFR.png 1080w\" sizes=\"auto, (max-width: 600px) 100vw, 600px\" \/><\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><div class=\"vc_col-sm-6 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p>Leer ons ken deur die boeke wat ons lees! Vandeesmaand gesels ons met Rose Richards, hoof van die Skryflab. Sy hou van boeke wat iets onverwags en uniek in hulle het.\u00a0 Lees gerus verder om te hoor watter boeke by haar aanklank gevind het onlangs.<\/p>\n<\/div><\/div><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><strong>Wat is die titel van jou gunstelingboek,<\/strong><strong>\u00a0of <\/strong><strong>\u0149<\/strong><strong> boek wat jy om die een of ander rede as onvergeetlik ervaar het.<br \/>\n<\/strong>Hierdie boek het onlangs \u0149 indruk op my gemaak: <em>The Five: The Untold Lives of Women Killed by Jack the Ripper<\/em> deur Hallie Rubenhold.<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><strong>Hoekom het hierdie boek jou s<\/strong><strong>\u00f3 <\/strong><strong>be<\/strong><strong>\u00efndruk<\/strong><strong>?<br \/>\n<\/strong>Ek vind misdaad in die werklike lewe fassinerend, veral wat betref die patrone in afwykende gedrag en viktimologie. Ek is ook opgewonde oor nuwe rigtings in misdaadondersoek, en ek hou van die manier waarop ondersoeke van misdaadtonele dikwels \u0149 sterk ooreenkoms toon met navorsingsmetodologie. Op die oomblik volg ek verskeie podsenders, vloggers en dokument\u00eare reekse oor hierdie onderwerp. Ek vind die huidige gebruik van genetiese familiekunde om uitsluitsel oor onafgehandelde sake te verkry, veral bevredigend. Min dinge is so genotvol as om \u0149 foto van \u0149 verbysterde bejaarde misdadiger te sien wat in hegtenis geneem is vir \u0149 misdaad waarmee hy gedink het hy het dekades gelede weggekom. (Kyk na Michelle McNamara se <em>I\u2019ll be Gone in the Dark<\/em> vir insae in die saak van die Golden State Killer wat n\u00e1 vier dekades opgelos is.)<\/p>\n<p>Rubenhold se boek is \u0149 noukeurig nagevorsde studie van vyf van die slagoffers van een van die bekendste reeksmoordenaars ter w\u00eareld. Hierdie arm en feitlik ongeletterde vroue was randfigure in die samelewing en was tot en met Rubenhold se boek slegs as slagoffers bekend. Rubenhold het egter daarin geslaag om op die spoor van hul lewens te kom en haar soektog het selfs foto\u2019s aan die lig gebring \u2013 nie van hulle erg vernielde oorskot nie, maar van hulle troues, van hulle saam met hulle kinders en saam met hulle ouers. Sy stel hulle aan die leser voor as werklike mense, en nie bloot as slagoffers nie. Sy staan nie stil by hulle dood nie en maak skaars melding van die monster wat hulle vermoor het. Op di\u00e9 manier herstel sy hulle waardigheid en beeld hulle uit as taai, veerkragtig en vindingryk, ten spyte van hulle uitdagende omstandighede. Sy wys ook dat hulle verhale nie so eenvoudig is as wat daar soms te kenne gegee word nie en dat hulle in die finale ontleding soveel meer was as hulle omstandighede en hulle tragiese dood.<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-6 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><strong>Wie is jou gunstelingouteur? Hoe s<\/strong><strong>\u00f3<\/strong><strong>?<br \/>\n<\/strong>Ek het nie net een gunstelingouteur nie \u2013 dis te moeilik om te kies. Ek hou van boeke met iets onverwags of uniek in hulle, hetsy \u0149 speelsheid of \u0149 diepsinnigheid. Kleintyd was Tove Jansson een van my gunstelingouteurs. Ek was gek oor haar Moomintroll-reeks, wat nog meer bekoorlik gemaak is deur haar illustrasies van die w\u00eareld van Moomintroll, sy familie en vriende. Sy het my weggevoer na \u0149 vreemde w\u00eareld met vreemde diere en plante waar ek op \u0149 eienaardige manier heeltemal tuis gevoel het. (Groot was my verbasing toe ek jare later uitvind dat een van my beste maats hulle as angswekkend en verontrustend ervaar het.) Ek het hulle altyd baie geniet. In die Moomintroll-huis is almal gelyk, selfs al is jy baie groot of baie klein. Trouens, die kleinstes is gewoonlik die kwaaiste. Nie een van hulle is \u0149 mens nie, al lyk party soos mense, en almal hiberneer in die winter. Sommige lede van die huishouding gaan op lang uitstappies, maar hulle keer altyd weer terug. Almal het avonture en daar is altyd die somer om na uit te sien.<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><div class=\"vc_col-sm-6 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-us_600_600_crop wp-image-20342\" src=\"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/moomintroll-characters-600x600.jpg\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"600\" srcset=\"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/moomintroll-characters-600x600.jpg 600w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/moomintroll-characters-150x150.jpg 150w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/moomintroll-characters-300x300.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 600px) 100vw, 600px\" \/><\/p>\n<p>Tove Jansson se Moomins. Photo: \u00a9 Moomin Characters \u2122<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><strong>Wat lees jy op die oomblik?<br \/>\n<\/strong>Ek het pas begin met <em>The Ghost Map: A Street, a City, an Epidemic and the Hidden Power of Urban Networks<\/em> deur Steven Johnson. Dit handel oor die cholera-epidemie van 1854 in Londen. Di\u00e9 epidemie was \u0149 draaipunt, nie slegs weens die hewigheid daarvan nie, maar ook oor hoe mense met verskillende vaardighede saamgewerk het om maniere te vind om dit te stuit.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Verkies jy dit om \u201cregte\u201d gedrukte boeke te lees, of lees jy eerder boeke op <\/strong><strong>\u0149<\/strong><strong> Kindle of <\/strong><strong>\u0149<\/strong><strong> ander elektroniese platform? Wat is die rede vir jou voorkeur?<br \/>\n<\/strong>Ek lees albei. Kindle is baie gerieflik omdat \u0149 mens hope boeke orals heen kan saamneem, maar fisiese boeke is meer tasbaar en visueel aantreklik, dus is dit is dit vir my makliker om hulle outeurs en titels te onthou. Ek hou daarvan om my boeke in my boekrakke te kan sien \u2013 dis soos om ou vriende te sien. Elkeen bevat \u0149 stel herinneringe of verteenwoordig \u0149 sekere punt in my lewe.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Watter boek het jy al meer as een keer gelees? Vertel ons hoekom?<br \/>\n<\/strong>Sherlock Holmes-stories<br \/>\nLord of the Rings<br \/>\nMoomintroll-boeke<br \/>\nJonathan Kellerman novels<br \/>\nHulle spreek tot my op \u0149 emosionele vlak en soms hou ek eenvoudig van die manier waarop die outeurs die verhaal vertel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wie is jou gunsteling- liter<\/strong><strong>\u00eare karakter<\/strong><strong>?<br \/>\n<\/strong>Ek het nie net een nie. Sherlock Holmes, Gandalf, Little My.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Het jy dalk <\/strong><strong>\u0149<\/strong><strong> lewensles by <\/strong><strong>\u0149<\/strong><strong> boek of <\/strong><strong>\u0149<\/strong><strong> karakter uit <\/strong><strong>\u0149<\/strong><strong> boek geleer wat jy met ons wil deel, as jy dit nog nie in een van jou ander antwoorde genoem het nie?<\/strong><\/p>\n<\/div><\/div><div class=\"w-hwrapper align_left valign_top\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><blockquote>\n<p>Gewone mense wat alledaagse dinge doen, kan help om groot veranderings te weeg te bring (<em>Lord of the Rings<\/em>).<\/p>\n<p>Logika is belangrik, maar word nie na waarde geag nie (Sherlock Holmes).<\/p>\n<p>Weetgierigheid en passie kan \u0149 mens red (Moomintroll).&#8221;<\/p>\n<\/blockquote>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><strong>Watter boek of boeke kan jy by jou vriende, studente en enige iemand anders aanbeveel?<br \/>\n<\/strong>Ek het eens op \u0149 tyd in \u0149 boekwinkel gewerk. Boeke moet pas by die mense by wie jy hulle aanbeveel. Ek weet dat my smaak nogal idiosinkraties en dikwels makaber is, en daarom beveel ek nie sommer boeke aan nie. Ek het egter onlangs Susannah Clarke se <em>Piranesi<\/em> gelees. Di\u00e9 boek is genotvol, verbeeldingryk en van begin tot einde heeltemal verrassend. Sy skryf oor towerkuns wat ons w\u00eareld binnedring en die uitwerking daarvan.<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"Leer ons ken deur die boeke wat ons lees! Vandeesmaand gesels ons met Rose Richards, hoof van die Skryflab. Sy hou van boeke wat iets onverwags en uniek in hulle het.\u00a0 Lees gerus verder om te hoor watter boeke by haar aanklank gevind het onlangs. Wat is die titel van jou gunstelingboek,\u00a0of \u0149 boek wat...","protected":false},"author":4,"featured_media":20390,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[679,306,258,237,256],"tags":[1271,1286,1289,1283,1277,1268,1274,1262,1265,1295,1280,1292],"class_list":["post-20432","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-boekgeselsie","category-leeslab","category-navorsing","category-nuutste-nuus","category-skryflab","tag-golden-state-killer-afr","tag-hallie-rubenhold-afr","tag-jack-the-ripper-afr","tag-jonathan-kellerman-afr","tag-lord-of-the-rings-afr","tag-michelle-mcnamara-afr","tag-misdaad","tag-moomins-afr","tag-moomintroll-afr","tag-ondersoeke-van-misdaadtonele","tag-sherlock-holmes-stories-afr","tag-the-five-the-untold-lives-of-women-killed-by-jack-the-ripper-afr"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/20432","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=20432"}],"version-history":[{"count":24,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/20432\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":20525,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/20432\/revisions\/20525"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/20390"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=20432"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=20432"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=20432"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}