{"id":20921,"date":"2022-03-03T16:31:34","date_gmt":"2022-03-03T14:31:34","guid":{"rendered":"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/boekgeselsie-met-selene-d\/"},"modified":"2022-03-03T18:08:45","modified_gmt":"2022-03-03T16:08:45","slug":"boekgeselsie-met-selene-d","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/boekgeselsie-met-selene-d\/?lang=afr","title":{"rendered":"Boekgeselsie met Selene D"},"content":{"rendered":"<section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-6 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-us_600_600_crop wp-image-20963\" src=\"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/SM_BookQA_Mar_AFR-600x600.png\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"600\" srcset=\"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/SM_BookQA_Mar_AFR-600x600.png 600w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/SM_BookQA_Mar_AFR-300x300.png 300w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/SM_BookQA_Mar_AFR-1024x1024.png 1024w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/SM_BookQA_Mar_AFR-150x150.png 150w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/SM_BookQA_Mar_AFR-280x280.png 280w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/SM_BookQA_Mar_AFR.png 1080w\" sizes=\"auto, (max-width: 600px) 100vw, 600px\" \/><\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><div class=\"vc_col-sm-6 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p>Leer ons ken deur die boeke wat ons lees! Vandeesmaand gesels ons met Selene Delport, <a href=\"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/writing-lab\/writing-skills-workshops\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">ko\u00f6rdineerder van skryfvaardighede-werksessies<\/a> vir nagraadse studente by die <a href=\"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/writing-lab\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Skryflab<\/a>.<\/p>\n<p>Selene het in 2006 as \u0149 konsultant by die Skryflab aangesluit, en in 2009 het sy die skryfvaardighede-werksessies vir nagraadse studente begin aanbied. &#8220;Danksy my werk by die Skryflab is ek in die bevoorregte posisie dat ek al na verskeie lande kon reis, waaronder Kenia, Uganda, Tanzani\u00eb, Ghana, Eswatini en Lesotho. \u0149 Stukkie van my hart het agtergebly in elke land wat ek besoek het.&#8221; Van haar werksplek s\u00ea sy: &#8220;Die Skryflab, as \u0149 liminale en transformerende ruimte, het my s\u00f3veel geleer \u2013 veral hoe om studente te help om te navigeer tussen institusionele strukture wat soms baie beperkend en dempend kan wees, sonder om self \u0149 medepligtige in daardie strukture te word.&#8221;<\/p>\n<\/div><\/div><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><strong>Wat is die titel van jou gunstelingboek, of \u0149 boek wat \u0149 diep indruk op jou gemaak het, of \u0149 boek wat jy om die een of ander rede as onvergeetlik ervaar het?<br \/>\n<\/strong>Dis darem \u0149 vreeslike vraag om aan \u0149 leser te stel. \ud83d\ude05<\/p>\n<p>Ek is nog altyd lief vir lees. \u0149 Paar van my gunstelingkinderboeke is <em>Matyn die Stermannetjie<\/em> (Lochner de Kock), <em>Huppelkind<\/em> (WO K\u00fchne), en <em>Grobbelaartjie van Velskoendorp <\/em>(Oscar Prozesky). Ek besit nog die meeste van my kinderboeke, wat al taamlik gehawend lyk van al die liefdevolle lees en herlees oor dekades heen.<\/p>\n<p>Nou, as volwassene, is ek nog altyd lief vir kinderverhale. Ek herlees <em>Alice in Wonderland <\/em>(Lewis Carroll) en <em>The Wind in the Willows <\/em>(Kenneth Grahame) nog gereeld. En natuurlik is ek gek oor fantasie (JRR Tolkien, Terry Pratchett, Neil Gaiman) en fiksie vir jong volwassenes. Ek dink dat fantasie en fiksie vir jong volwassenes dikwels nie genoeg erkenning kry nie, veral wanneer dit die pennevrug van Afrika-skrywers is. Twee van my gunstelingskrywers in hierdie genre is Tochi Onyebuchi en Lily Herne.<\/p>\n<p>Onyebuchi is \u0149 Nigeriese skrywer wat <em>Beasts Made of Night <\/em>geskryf het. Dit handel oor die verhaal van Taj, wat \u0149 \u2018aki\u2019 is \u2013 iemand uit die lae stand wat gehuur word om die sondes van die ho\u00ebr stande te verorber sodat hulle sonder gewetenswroeging kan lewe. <em>Beasts Made of Night <\/em>is een van daardie boeke wat gesorg het dat ek \u0149 rukkie moet wag voor ek die volgende boek kan aanpak. Onyebuchi se karakteruitbeelding van Taj maak dit vir lesers byna onmoontlik om nie op \u0149 diep emosionele vlak by hom betrokke te raak nie. Ek wag angstig op die vervolg, <em>Crown of Thunder<\/em>.<\/p>\n<p>Lily Herne is die skuilnaam van \u0149 moeder-en-dogter-skryfpaar. Hulle het die <em>Deadlands<\/em>-saga geskryf, wat afspeel in \u0149 post-apokaliptiese Suid-Afrika wat vervuil is van die zombies. Ek het die eerste drie boeke klaar gelees en ek is verbete op soek na die laaste boek in die reeks, <em>Ash Remains<\/em>. (As iemand weet waar ek \u0149 eksemplaar kan koop of leen, laat weet my asseblief!)<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-6 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><strong>Hoekom het hierdie boek so <\/strong><strong>\u0149<\/strong><strong> diep indruk op jou gemaak?<br \/>\n<\/strong>Al hierdie boeke, en talle ander, het \u0149 blywende indruk op my gemaak. Die redes daarvoor verskil \u2013 party van hulle gee die leser \u0149 kykie in die lewe van mense of karakters wat in die gewone verloop van die lewe nie platforms in kanonieke werke of openbare ruimtes sou kry nie; party van hulle verskaf leesgenot bloot omdat hulle so heerlik eienaardig is.<\/p>\n<p>Een boek wat nogal \u0149 indruk op my gemaak het, is <em>Musrum<\/em>. Dis verreweg die eienaardigste boek wat ek nog gelees het. Dis \u0149 Britse publikasie, deur Erick Thacker, \u0149 Metodiste-predikant, en <a href=\"https:\/\/www.theguardian.com\/news\/2001\/aug\/22\/guardianobituaries.arts\">Anthony Earnshaw<\/a>, \u0149 kunstenaar, kunsonderwyser en ate\u00efs. Die boek het voortgevloei uit \u0149 briefwisseling tussen di\u00e9 twee. Dit bevat \u0149 groot aantal tekeninge \u2013 sommiges met godsdienstige temas, ander met simmetriese patrone, en party selfs in die vorm van landkaarte. Die letterwerk en betekenis van MUSRUM verander gedurig. Die prent op die eerste bladsy gee \u0149 mens \u0149 idee van hoe wonderlik vreemd hierdie boek is. Ek is nog steeds nie seker of MUSRUM \u0149 briljante meesterstuk of bloot genotvolle onsin is nie.\u201d<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><div class=\"vc_col-sm-6 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-us_600_600_crop wp-image-20903\" src=\"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/Musrum-opening-page_cropped-600x600.jpg\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"600\" srcset=\"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/Musrum-opening-page_cropped-600x600.jpg 600w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/Musrum-opening-page_cropped-150x150.jpg 150w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/Musrum-opening-page_cropped-300x300.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 600px) 100vw, 600px\" \/>Inleidingsblady, <em>Musrum.\u00a0<\/em><\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><strong>Wie is jou gunstelingouteur of -outeurs? Hoe s\u00f3?<br \/>\n<\/strong>Weereens is daar verskeie. Een van my gunstelingouteurs is Yvonne Vera. Haar digterlike prosa verwoord onuitspreeklike traumas: gewelddadige bevrydingsoorlo\u00eb en hulle nadraai in <em>Nehanda <\/em>en <em>The Stone Virgins<\/em>; die verskriklike verlies van \u0149 kind in <em>Without a Name<\/em>; en brutale geweld teen vroue in <em>Under the Tongue <\/em>en <em>Butterfly Burning<\/em>. Haar stories bring egter ook die veerkragtigheid wat mense aan die dag kan l\u00ea, na vore.<\/p>\n<p><strong>Wat lees jy op die oomblik?<br \/>\n<\/strong>Ek is besig met \u0149 lekker ligte boek \u2013 Fiona Snyckers se <em>The Cat That Had a Clue<\/em>. Dis die eerste boek in \u0149 reeks genaamd <em>The Cat\u2019s Paw Cozy Mysteries<\/em>. Di\u00e9 stories is speurverhale in die trant van Agatha Christie, met heelparty katte wat daarin voorkom.<\/p>\n<p><strong>Verkies jy dit om \u2018regte\u2019 gedrukte boeke te lees, of lees jy eerder boeke op \u0149 Kindle of \u0149 ander elektroniese platform? Wat is die rede vir jou voorkeur?<br \/>\n<\/strong>Ek hou van albei. Daar is niks beter as die gevoel en reuk van \u0149 fisiese boek nie, maar dis nou maar een maal soveel geriefliker om in die bed \u0149 Kindle-boek te lees.<\/p>\n<p><strong>Wie is jou gunsteling- liter\u00eare karakter?<br \/>\n<\/strong>Daar is baie: Gandalf in Tolkien se <em>Lord of the Rings<\/em>, Alice in Carroll se <em>Alice in Wonderland<\/em>, Grace in Atwood se <em>Alias Grace<\/em>, en Tiffany Aching in Pratchett se Discworld-romans. Ek dink ek hou soveel van hierdie karakters omdat hulle nooit regtig vaste identiteite het nie; hulle is deurlopend aan die ontwikkel en verander \u2013 soms op \u0149 heldhaftige manier en soms op verontrustende maniere.<\/p>\n<p><strong>Het jy dalk \u0149 lewensles uit \u0149 boek of by \u0149 karakter uit \u0149 boek geleer wat jy met ons wil deel, as jy dit nog nie in een van jou vorige antwoorde genoem het nie?<br \/>\n<\/strong>Die beste raad ooit kom uit Douglas Adams se <em>The Hitchhiker\u2019s Guide to the Galaxy<\/em>: \u201c\u0149 Handdoek &#8230; is van groot praktiese waarde\u201d. [\u201cA towel \u2026 has great practical value\u201d.]<\/p>\n<p>Maar alle grappies op \u0149 stokkie. Sheldon B. Kopp se <em>If You Meet the Buddha on the Road, Kill Him! The Pilgrimage of Psychotherapy Patients <\/em>is \u0149 lewensveranderende boek. Wat die meeste aanklank by my gevind het, is Kopp se beskrywing van situasie-etiek:<\/p>\n<\/div><\/div><div class=\"w-hwrapper align_left valign_top\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><blockquote>\n<p>\u201cRe\u00ebls sal begin om as tentatiewe riglyne te dien. Elke daad sal as \u0149 persoonlike ervaring beoordeel moet word, in die lig van die eksistensi\u00eble betekenis daarvan, eerder as om dit te gaan vergelyk met \u0149 re\u00ebl wat iemand lank gelede en ver weg op \u0149 kliptablet uitgekerf het.\u201d<\/p>\n<\/blockquote>\n<p>[&#8220;Rules will come to serve as tentative guidelines. Each act will have to be judged as a personal experience, in terms of its existential meaning, rather than by checking it out against a rule carved on a stone tablet long ago and far away.\u201d]<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><strong>Watter boek of boeke kan jy by jou studente, vriende of enige iemand anders aanbeveel?<br \/>\n<\/strong>My aanbeveling is om enige boeke te lees wat jy wil, maar om wyd te lees. Chimamanda Ngozi Adichie waarsku ons teen die \u201cgevaar van die enkele storie\u201d. As ons wyd lees, vrywaar dit ons teen die \u201convoltooide\u201d stories oor ander mense en ander plekke, dit help ons om ons \u201cgelykwaardige mensheid\u201d te herken en om \u201cdie een of ander soort paradys weer terug te kry\u201d.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"Leer ons ken deur die boeke wat ons lees! Vandeesmaand gesels ons met Selene Delport, ko\u00f6rdineerder van skryfvaardighede-werksessies vir nagraadse studente by die Skryflab. Selene het in 2006 as \u0149 konsultant by die Skryflab aangesluit, en in 2009 het sy die skryfvaardighede-werksessies vir nagraadse studente begin aanbied. &#8220;Danksy my werk by die Skryflab is ek...","protected":false},"author":4,"featured_media":20390,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[679,306,258,237,256],"tags":[1460,1484,1475,1478,1481,1457,1493,1463,1469,1454,1496,608,1490,1472,1466,1487],"class_list":["post-20921","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-boekgeselsie","category-leeslab","category-navorsing","category-nuutste-nuus","category-skryflab","tag-anthony-earnshaw-afr","tag-ash-remains-afr","tag-beasts-made-of-night-afr","tag-crown-of-thunder-afr","tag-deadlands-afr","tag-eric-thacker-afr","tag-fiona-snyckers-afr","tag-kultusboek","tag-lily-herne-afr","tag-musrum-afr","tag-sheldon-b-kopp-afr","tag-skryflab","tag-the-cats-paw-cozy-mysteries-afr","tag-tochi-onyebuchi-afr","tag-tolkien-afr","tag-yvonne-vera-afr"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/20921","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=20921"}],"version-history":[{"count":10,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/20921\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":20975,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/20921\/revisions\/20975"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/20390"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=20921"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=20921"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=20921"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}