{"id":23220,"date":"2022-11-04T07:18:32","date_gmt":"2022-11-04T05:18:32","guid":{"rendered":"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/boekgeselsie-met-ammie-h\/"},"modified":"2022-11-04T09:20:50","modified_gmt":"2022-11-04T07:20:50","slug":"boekgeselsie-met-ammie-h","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/boekgeselsie-met-ammie-h\/?lang=afr","title":{"rendered":"Boekgeselsie met Ammie H"},"content":{"rendered":"<section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-6 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-shop_single wp-image-23154\" src=\"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/SM_BookQA_Nov_AFR-600x600.png\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"600\" \/><\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><div class=\"vc_col-sm-6 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p>Leer ons ken deur die boeke wat ons lees! Vandeesmaand gesels ons met Ammie Henson, een van die ko\u00f6rdineerders vir die Intensiewe Engels-portefeulje en \u0149 Engels-tweedetaal- (ESL-)instrukteur.<\/p>\n<p>&#8220;Die pad wat ek geloop het om \u0149 onderwyser te word, was baie interessant en soms moeilik, maar ek glo dat dit bygedra het daartoe om van my die onderwyser te maak wat ek vandag is. Ek het eers sielkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US) geloop en toe as \u0149 nagraadse joernalistiekstudent by Rhodes beland nadat ek \u0149 jaar in die VSA deurgebring het. Ek was ook \u0149 uitruilstudent in Finland toe ek met my meestersgraad in mediastudies besig was. Dit was die waardevolste ervaring van my lewe.&#8221;<\/p>\n<\/div><\/div><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p>&#8220;Ek was nog altyd lief vir kinders, en diep in my hart het ek geweet dat ek bestem is om \u0149 onderwyser te word, maar destyds wou slim Sannie mos nie luister nie! Op die een of ander manier was ek nog altyd by kinders betrokke, of dit nou as au pair of as \u0149 klaskamerassistent in \u0149 laerskool was. Ek het op die ou einde besluit om by die US se Taalsentrum vir die TEFL-sertifikaat in te skryf, en aansoek gedoen om by die Taalsentrum te werk terwyl ek (uiteindelik!) besig is met my BEd (Grondslagfase) by Noordwes-Universiteit. Onderwys is my passie. \u200b<\/p>\n<p>Ek is lief vir onderwys omdat ek \u0149 gevoel van eiewaarde by my studente wil laat posvat \u2013 ek wil h\u00ea hulle moet trots wees op wie hulle is en op hulle prestasies. Min dinge is so bevredigend as wanneer studente besef wat hulle potensiaal is en dit verwesenlik. Ook hou ek baie daarvan om my studente te inspireer \u2013 en om dan weer deur hulle ge\u00efnspireer te word!<\/p>\n<p>Afgesien daarvan dat ek \u0149 onderwyser is, is ek ook \u0149 Weegskaal wat hou van mooi dinge om my en wat graag partytjies en ander geleenthede re\u00ebl. Ek is die ma van twee hondekinders wat ek gered het (een van hulle kom selfs van so ver as Grahamstad af). Ek bring graag tyd in die buitelug deur en oefen graag buite \u2013 ek is dol oor stap en swem. In my vrye tyd speel ek Dungeons &amp; Dragons en kuier saam met my familie en vriende. Ek is nie juis \u0149 boekwurm nie, maar ek hou van \u0149 goeie storie.&#8221;<\/p>\n<p><strong>Wat is die titel van jou gunstelingboek, of \u0149 boek wat \u0149 diep indruk op jou gemaak het, of \u0149 boek wat jy om die een of ander rede as onvergeetlik ervaar het?<br \/>\n<\/strong><em>Die Klein Prinsie<\/em> deur Antoine de Saint-Exup\u00e9ry<\/p>\n<p><strong>Hoekom het hierdie boek jou so be\u00efndruk?<br \/>\n<\/strong>Ek en hierdie boek het \u2019n lang geskiedenis, en dit herinner my aan iemand vir wie ek baie lief was. Ek onthou dat ek dit vir die eerste keer in Afrikaans gelees het toe ek nog baie jonk was \u2013 waarskynlik in een van my eerste jare op laerskool. Ek dink nie ek was op daardie jeugdige ouderdom al emosioneel en kognitief gereed om die dieper betekenis daarvan te begryp nie. Ek het nie van die boek gehou nie en dit het my bang gemaak. Ek het dit nie eers klaar gelees nie. Toe ek ouer geword het, het ek bewus geword van die ophef oor die boek en die gewildheid daarvan. Die lokprent vir die fliek is in 2015 vrygestel. Ek het groot waardering vir uitstekende animasie, en ek was onmiddellik verlief. Ek het die fliek in Desember daardie jaar saam met my beste maat gaan sien, \u0149 paar weke voor my vertrek na Finland, en ek het geweet ek m\u00f3\u00e9t die boek lees. Ek was oorstelp deur die storie, die karakters en die lewenslesse, en die animasie was boonop manjifiek. N\u00e1 die fliek het ek by die huis gekom en my stiefpa, Nic, alles daarvan vertel. Die volgende dag het ek gesit en inkleur toe hy die boek langs my op my lessenaar neersit. Binne in het hy geskryf: \u201cAs die son daar anderkant nie genoeg skyn nie, weet dat ons trots is op jou.\u201d Hy het dit onderteken met die letters KTLO, wat staan vir \u201cKick the lights out!\u201d, die woorde waarmee hy my en my suster altyd aangemoedig het. Hy was ons grootste ondersteuner.<\/p>\n<p>Ek het die boek tydens my vlug na Helsinki begin lees en die laaste stukkie gelees terwyl ek tougestaan het vir die klanktoets van die 5 Seconds of Summer <em>Sounds Live Feels Live-<\/em>konsert. Verlede jaar het ek my gunsteling-gedeelte by sy begrafnis gelees.<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"w-hwrapper align_left valign_top\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><blockquote>\n<p><em>So het die klein prinsie die jakkals mak gemaak. Maar toe kom die uur van afskeid.<\/em><\/p>\n<p><em>&#8220;Ag!&#8221; s\u00ea die jakkals. &#8220;Ek gaan huil.&#8221;<\/em><\/p>\n<p><em>&#8220;Dis jou eie skuld,&#8221; s\u00ea die klein prinsie. &#8220;Ek wou jou nie seermaak nie, maar dis jy wat wou h\u00ea ek moet jou mak maak &#8230;&#8221;<\/em><\/p>\n<p><em>&#8220;Natuurlik,&#8221; s\u00ea die jakkals.<\/em><\/p>\n<p><em>&#8220;Maar nou gaan jy huil!&#8221; s\u00ea die klein prinsie.<\/em><\/p>\n<p><em>&#8220;Natuurlik,&#8221; s\u00ea die jakkals.<\/em><\/p>\n<p><em>&#8220;Maar dan het jy niks daardeur gewen nie!&#8221;<\/em><\/p>\n<p><em>&#8220;Wat ek daardeur gewen het,&#8221; s\u00ea die jakkals, &#8220;is die kleur van die koring.<\/em><em>\u201d<\/em><\/p>\n<\/blockquote>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><strong>Wie is jou gunstelingouteur(s)? Hoe s\u00f3?<br \/>\n<\/strong>Ek het nie regtig \u0149 gunstelingouteur nie. Ek verkies wel sekere genres: fantasie, avontuur, raaisel- en liefdesverhale, drama, historiese fiksie en strokiesprente. Ook verkies ek sekere karakters: sterk, driedimensionele vrouekarakters met \u0149 stem!<\/p>\n<p>Boeke vind my gewoonlik, eerder as dat ek hulle vind, dus maak dit nie saak wie die outeur is nie, solank die verhaal wat vertel word, boeiend is.<\/p>\n<p><strong>Wat lees jy op die oomblik?<br \/>\n<\/strong>Die <em>Practical Magic-<\/em>reeks deur Alice Hoffman.<\/p>\n<p><strong>Verkies jy dit om \u2018regte\u2019 gedrukte boeke te lees, of lees jy eerder boeke op \u0149 Kindle of \u0149 ander elektroniese platform? Wat is die rede vir jou voorkeur?<br \/>\n<\/strong>Ongetwyfeld werklike boeke met papierbladsye. Dit, op sigself, is \u0149 liefdesverhaal.<\/p>\n<p><strong>Watter boek het jy al meer as een keer gelees? Vertel ons hoekom?<br \/>\n<\/strong>Ek het party van die Harry Potter-boeke weer gelees omdat ek nog baie jonk was toe ek hulle die eerste keer gelees het. Maar daar is niks soos om \u0149 boek vir die heel eerste keer te lees nie. Dis nooit weer dieselfde nadat daardie eerste betowering verby is nie.<\/p>\n<p><strong>Wie is jou gunsteling- liter\u00eare karakter?<br \/>\n<\/strong>Die jakkals in <em>Die Klein Prinsie<\/em> (veral wanneer hy met James Franco se stem praat).<\/p>\n<p><strong>Het jy miskien \u0149 lewensles uit \u0149 boek of by \u0149 karakter uit \u0149 boek geleer wat jy met ons wil deel, as jy dit nog nie in een van jou ander antwoorde genoem het nie?<br \/>\n<\/strong>Om eerlik te wees, is die hele <em>Die Klein Prinsie<\/em> \u0149 belangrike lewensles, maar hierdie woorde van die jakkals het die grootste indruk op my gemaak:<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"w-hwrapper align_left valign_top\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><blockquote>\n<p><em>\u201cMy geheim is baie eenvoudig. Hier is dit: Dis net met die hart dat jy werklik kan sien. Wat regtig belangrik is, is onsigbaar vir die oog.\u201d<\/em><\/p>\n<\/blockquote>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><strong>Watter boek of boeke kan jy by jou vriende, studente en enige iemand anders aanbeveel?<br \/>\n<\/strong>Almal, van jonk tot oud, behoort<em> Die Klein Prinsie <\/em>te lees.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-full wp-image-23190\" src=\"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/Little-Prince-Fox.jpg\" alt=\"\" width=\"418\" height=\"246\" srcset=\"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/Little-Prince-Fox.jpg 418w, https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/Little-Prince-Fox-300x177.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 418px) 100vw, 418px\" \/><\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"Leer ons ken deur die boeke wat ons lees! Vandeesmaand gesels ons met Ammie Henson, een van die ko\u00f6rdineerders vir die Intensiewe Engels-portefeulje en \u0149 Engels-tweedetaal- (ESL-)instrukteur. &#8220;Die pad wat ek geloop het om \u0149 onderwyser te word, was baie interessant en soms moeilik, maar ek glo dat dit bygedra het daartoe om van my...","protected":false},"author":4,"featured_media":23271,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[294,679,295,237],"tags":[1842,1786,1848,1814,1845,1839,1780],"class_list":["post-23220","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-akademiese-en-professionele-geletterdhede","category-boekgeselsie","category-engelse-kursusse","category-nuutste-nuus","tag-alice-hoffman-afr","tag-antoine-de-saint-exupery-afr","tag-english-second-language-esl-afr","tag-harry-potter-afr","tag-practical-magic-afr","tag-the-fox-afr","tag-the-little-prince-afr"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/23220","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=23220"}],"version-history":[{"count":27,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/23220\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":23316,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/23220\/revisions\/23316"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/23271"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=23220"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=23220"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=23220"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}