{"id":24217,"date":"2023-02-20T21:05:04","date_gmt":"2023-02-20T19:05:04","guid":{"rendered":"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/moedertaal-hartstaal\/"},"modified":"2023-02-23T14:25:21","modified_gmt":"2023-02-23T12:25:21","slug":"moedertaal-hartstaal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/moedertaal-hartstaal\/?lang=afr","title":{"rendered":"Moedertaal, hartstaal"},"content":{"rendered":"<section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-6 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-shop_single wp-image-24154\" src=\"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/wp-content\/uploads\/2023\/02\/Mother_lang_blog_Afr-600x600.jpg\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"600\" \/><\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><div class=\"vc_col-sm-6 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p>Moedertaaldag: \u0149 Dag opgedra aan die taal waarin ons heel eerste gedagtes verwoord is \u2013 dit is \u0149 w\u00eareld waarin ons kan glo. Ons verskil soveel van mekaar, maar d\u00edt is een ding wat ons almal in gemeen het.<\/p>\n<p>Ons moedertaal word beskou as die taal wat ons as baba en kleuter die meeste gehoor het, en dit is gewoonlik die taal van die moederfiguur wat vir ons verantwoordelik was toe ons baie klein was. Dit is ook die taal waarin ons ons eerste woorde ges\u00ea het, en die taal wat, terwyl ons dit verwerf het, die bloudruk gevestig het vir al die ander tale wat ons later in ons lewe sou leer. Sommige mense kan selfs twee tale as moedertaal h\u00ea, veral as hulle uit meertalige huishoudings kom.<\/p>\n<\/div><\/div><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p>Moedertaaldag skep \u0149 ruimte vir ons om te besin oor daardie einste grondslag van ons taal-repertoire \u2013 iets wat ook \u0149 invloed uitoefen op die manier waarop ons omgaan met die w\u00eareld om ons. Ja, dit handel oor \u0149 baie diep emosionele verbintenis met ons eie taalinstink, maar dit gaan ook oor daar waarheen taal ons kan neem.\u00a0Wanneer ons met ander mense omgaan, bring ons ons eie taal-repertoire saam. Ons moedertaal raak vervleg met die tale wat ons op ander plekke, soos ons werkplek, gebruik. \u0149 Mens kan kies om hierdie meerdimensionaliteit te ontken en dele van jouself te onderdruk, maar erkenning van die rykheid van verskillende ervarings, uitdrukkingswyses en standpunte lei tot baie sterker en meer behendige individue en spanne wat beter met mekaar en met diegene vir wie hulle werk, kan kommunikeer.<\/p>\n<p>Ter viering van hierdie unieke vermo\u00eb en gevoel van moontlikhede in elkeen van ons, het \u0149 paar Taalsentrum-personeellede iets van hulle verbintenis met hul moedertaal met ons gedeel:<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><strong>Die skakel met identiteit<\/strong><\/p>\n<\/div><\/div><div class=\"w-actionbox color_light controls_right\"><div class=\"w-actionbox-text\"><p>\u201cEk hou daarvan om aan Xhosa te dink as my identiteit. Ek het my taal reeds in my kinderjare liefgehad, al het ek dit toe nog nie eintlik besef nie. Dis weerspie\u00ebl in die opstelle wat ek op skool geskryf het en in die boeke wat ek ontleed het. Ek het selfs \u0149 boek gehad waarin ek gedigte in Xhosa geskryf het. Ek onthou nog hoe my onderwyseres by \u0149 kollega gespog het met \u0149 boekontleding wat ek in graad 11 gedoen het. Ek reken dis dit alles wat my ge\u00efnspireer het om meer te wil weet en te leer van my taal, aangesien ek later op universiteit selfs Xhosa as een van my hoofvakke gekies het. Ek het dus aangehou om Xhosa te bestudeer danksy my liefde en passie vir di\u00e9 taal, al was ek op daardie tydstip nie bewus daarvan dat daar heelparty ander werke afgesien van onderwys is wat iemand met \u0149 taalkwalifikasie kan doen nie.\u201d<br \/>\n\u2013 Asiphe Sogiba, Xhosa-tolk<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><strong>Die vreugde om dit te kan deel<\/strong><\/p>\n<\/div><\/div><div class=\"w-actionbox color_primary controls_right\"><div class=\"w-actionbox-text\"><p>\u201cEk is trots Afrikaans. Ek het grootgeword met &#8216;n Weskus-pa wat woorde soos snoek, bokkoms en galjoen aan my bekendgestel het. Ek gebruik nou nog sy gunstelinguitdrukking as iemand iets goeds gedoen het: \u2018Siesa Skipper!\u2019<\/p>\n<p>Ek is vandag &#8216;n dosent wat die voorreg het om vir internasionale studente Afrikaans te leer. Die entoesiasme waarmee hulle my moedertaal leer verstom my elke keer. Alles is vir hulle LEKKER!\u00a0Dit is waar wat Nelson Mandela ges\u00ea het: \u2018Praat met iemand in sy moedertaal en jy praat met sy hart.\u2019 Ek beskou dit as my lewenstaak om mense se harte aan te raak deur hulle aan my moedertaal bekend te stel.\u201d<br \/>\n\u2013 dr Vernita Beukes, Afrikaansdosent<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><strong>\u0149 Weerspie\u00ebling van die sprekers<\/strong><\/p>\n<\/div><\/div><div class=\"w-actionbox color_light controls_right\"><div class=\"w-actionbox-text\"><p>\u201cMy moedertaal is Engels, en my vadertaal is ook Engels! Dit maak my \u2018anders\u2019 in my vaderland, Suid-Afrika, waar Engels die eerste taal is van slegs ongeveer vyf persent van die bevolking.<\/p>\n<p>Ek is reeds van kleins af opgewonde oor en lief vir taal. Ek het my taalreis aanvanklik begin deur ekstra aandag te gee aan die ingewikkelde Engelse spelling en uitspraak, en het dit baie geniet om die kompleksiteit daarvan te probeer uitpluis. Toe ek begin het om Frans, Afrikaans en \u0149 bietjie Zoeloe te leer, het Engels egter baie gou die riglyn geword wat ek gebruik het om uit te werk hoe tale van mekaar verskil.<\/p>\n<p>Ek het stadigaan begin besef welke rykdom kennis van baie tale aan \u0149 mens kan besorg; dat die Engelse manier om nie dadelik tot die punt te kom nie en om uiters hoflik te wees, sy oorsprong gehad het in die Frans wat tot \u0149 eeu of wat gelede aan die Britse koninklike hof gepraat is en waarvan die spore te bespeur is in woorde soos \u2018courtesy\u2019 [hoflikheid], \u2018liberty\u2019 [vryheid of vrymoedigheid], \u2018fraternity\u2019 [broederlikheid, gilde en dies meer], \u2018equality\u2019 [gelykheid] en \u2018university\u2019 [universiteit], en talle ander woorde wat verband hou met beskawing, onderwys en die reg. Ek het geleer dat die op-die-man-af Keltiese aardsheid van woorde soos \u2018quaff\u2019 [met groot slukke drink], \u2018drink\u2019 en \u2018sit\u2019 deel uitmaak van Engels se Germaanse oorsprong en weerspie\u00ebl word in die direktheid van Germaanse tale soos Afrikaans en Duits. Ook, tot my verbasing, het woorde van Zoeloe-oorsprong, soos \u2018indaba\u2019 [konferensie] en \u2018donga\u2019 [\u0149 dro\u00eb sloot wat deur gronderosie veroorsaak is], \u2018babbelas\u2019 [van die Zulu ibhabhalazi] en \u2018bonsella\u2019 [onverwagte geskenk] deel uitgemaak van die onderbou van my vari\u00ebteit van Engels wat op die suidelike punt van die Afrika-vasteland gepraat word. My Engels wat ek in my geboorteplek, Johannesburg, geleer het, weerspie\u00ebl ook die talle immigrantekulture wat destyds in hierdie myndorp kom nesskop het, waar om b\u00f3 uit te kom, nog altyd baie belangrik is. Dus verryk Jiddisje woorde wat in Suid-Afrikaanse Engels gebruik word, soos \u2018chutzpah\u2019 [besonder baie selfvertroue], \u2018schmuck\u2019 [dom of veragtelike persoon], \u2018kugel\u2019 [\u0149 welgestelde jong vrou wat nogal materialisties is], \u2018bagel\u2019 [\u0149 soort ringvormige broodjie], \u2018shabbat\u2019 [Joodse sabbat], \u2018platz\u2019 [om oorstelp te wees deur emosie] en \u2018meshugge\u2019 [stapelgek] my woordeskat sommer baie, en hulle is soos skatte wat wag om ontdek te word.\u201d<br \/>\n\u2013 dr Kim Wallmach, Direkteur van die Taalsentrum <\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><strong>\u0149 Gevoel van tuiskoms<\/strong><\/p>\n<\/div><\/div><div class=\"w-actionbox color_primary controls_right\"><div class=\"w-actionbox-text\"><p>\u201cAfrikaans het ek by my ma geleer. Sy het \u0149 stem soos \u0149 klok gehad en sy het Afrikaans gepraat met die aardsheid en eerlikheid van die Sutherland-Karoo waar sy grootgeword het \u2013 NP van Wyk Louw-Afrikaans. Op \u0149 onlangse gesinsvakansie in Swakopmund is ek getref deur \u0149 andersheid en terselfdertyd \u0149 gevoel van tuiskoms. Oral hoor jy Afrikaans: op straat, in \u0149 gesprek tussen twee Herero-vroue in tradisionele drag; in die koffiewinkel by die Ovambo-barista: \u2018Is mevrou al gehelp &#8230; wat gaan dit vandag wees?\u2019 \u0149 Vrou wat langs my staan en haar koffie bestel, begin spontaan gesels. Later sit sy langs my en wys foto\u2019s van die Spitzkoppe. Sy vertel dat sy in Namibi\u00eb grootgeword het, maar die grootste deel van haar volwasse lewe in die Republiek gewoon het. Sy het nou teruggekom en sou binnekort in Windhoek begin skoolgee. In haar woorde vind my eie ervaring weerklank. \u2018Dit voel asof ek huis toe gekom het &#8230; ek kan hier asemhaal.\u2019 Hierdie gewaarwording het vir my baie te doen gehad daarmee dat ek my taal oral kon hoor; spontaan en met vrymoedigheid gepraat, m\u00f3\u00f3i Afrikaans.<\/p>\n<p>Op \u0149 fietstoer deur die Tsauchab-rivier merk ek teenoor die Damara-toergids en my familie op hoe mooi die tamariskbome in die rivierloop is, waarop een van my kinders antwoord: \u2018Hier is nie water nie, hoekom s\u00ea Mamma die rivier loop?\u2019 Die toergids stop almal en klim van sy fiets af. Hy praat met die kinders: \u2018Julle ma praat mooi Afrikaans. Dit is iets wat julle kinders nie moet verloor nie.\u2019 Op my vraag oor sy taalagtergrond verduidelik hy dat daar in sy familie Damara en Engels en selfs \u0149 bietjie Duits gepraat word. \u2018Maar ons praat Afrikaans as ons lus is om Afrikaans te praat, as ons m\u00f3\u00f3i wil praat.\u2019<\/p>\n<p>Hierdie Damara-man was vir my een van die hoogtepunte van ons vakansie. Tussen ons was daar \u0149 ontspannenheid, \u0149 gevoel van vriendskap, van gemeensaamheid; van begrip en selfs van geluk. Terwyl ek dopgehou het hoe hy sy fiets lustig voor my in die stofpaadjie trap, het ek geweet: My mooi taal floreer, net soos die delikate, taai tamariske in die dorre rivierbedding van die Tsauchab.\u201d<br \/>\n\u2013 dr Carmen Brewis, tolk en navorser<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><strong>Die binne-taal<\/strong><\/p>\n<\/div><\/div><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p>&nbsp;<\/p>\n<\/div><\/div><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p>Ons het ook \u0149 Afrikaanse gedig om te deel. Dit handel oor taal as \u0149 mens se erfenis en hoe \u0149 mens se taalmentors soos ouers en onderwysers ook \u0149 diepgaande invloed uitoefen op dit wat jy as jou eie beskou.<\/p>\n<p><strong>My taal, my erfenis<\/strong><\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong>Afrikaaps is nie my taal nie.<br \/>\nSommige woorde kan ek nie verstaan nie.<br \/>\nMy taal<br \/>\nhet ek geleer van kindsbeen af<br \/>\nsaam met die klingel en tongklap<br \/>\nvan die aksent<br \/>\nwat my streek rojaal kweek.<\/p>\n<p>Daar het ek begin verstaan<br \/>\nen geleer my ma en pa se taal.<br \/>\nMet my Afrikaanse onnie<br \/>\nwat berispend die spelre\u00ebls aanhaal,<br \/>\nnie <em>tjent<\/em> nie, maar kind,<br \/>\nnie <em>tjy <\/em>nie, maar jy.<br \/>\nIdiome sou ek goed onthou:<br \/>\n<em>Iemand wat hard werk<br \/>\n<\/em><em>is \u0149 werkesel,<br \/>\n<\/em>anders was dit die rottang vir jou.<\/p>\n<p>My taal kom uit die boeke wat ek lees.<br \/>\nTussen die blaaie<br \/>\nkon ek kies om iemand anders te wees.<br \/>\nDaar in die stilte van my drome<br \/>\nsonder die kletterende lawaai<br \/>\nin \u0149 omgewing sonder energie belaai,<br \/>\nkry my taal sy l\u00eaplek<br \/>\ndaar sonder die <em>tjy <\/em>en<em> tjou,<br \/>\n<\/em>daar lewe ek.<\/p>\n<p>My kom-vandaan is eenvoudig,<br \/>\ntog is alles volop rondom en binne my.<br \/>\nDaar teen die Weskus het ek my asem gekry.<br \/>\nDaar is taal in my erfenis gebrei.<br \/>\nNou kruip en klou<br \/>\ndie wortels van my taal<br \/>\ndiep en welig<br \/>\nsonder ophef of kabaal<br \/>\nlewe dit uit my pen<br \/>\nkoester dit die erfenis wat ek ken.<\/p>\n<p><em>\u2013 <\/em>Anne-Mari Lackay, skryflabkonsultasieko\u00f6rdineerder<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p>By die Taalsentrum glo ons dat dit taal is wat ons saambring, en ons sal aanhou om verbintenisse tussen mense te bewerkstellig deur kommunikasie en begrip te verbeter.<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p>Blog deur Susan Lotz en dr Dr Kim Wallmach; vertaal deur Ingrid Swanepoel<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"Moedertaaldag: \u0149 Dag opgedra aan die taal waarin ons heel eerste gedagtes verwoord is \u2013 dit is \u0149 w\u00eareld waarin ons kan glo. Ons verskil soveel van mekaar, maar d\u00edt is een ding wat ons almal in gemeen het. Ons moedertaal word beskou as die taal wat ons as baba en kleuter die meeste gehoor...","protected":false},"author":4,"featured_media":24181,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[290,368,726,68,69],"tags":[392,1990,386,649],"class_list":["post-24217","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-language-and-communication-services","category-life-is-language","category-multilingualism","category-our-languages","category-recent-news","tag-internasionale-moedertaaldag","tag-lewe-is-taal","tag-moedertaal","tag-veeltaligheid"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/24217","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=24217"}],"version-history":[{"count":25,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/24217\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":24364,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/24217\/revisions\/24364"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/24181"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=24217"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=24217"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=24217"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}