{"id":25613,"date":"2023-06-01T13:37:56","date_gmt":"2023-06-01T11:37:56","guid":{"rendered":"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/?p=25613"},"modified":"2023-06-05T21:59:04","modified_gmt":"2023-06-05T19:59:04","slug":"boekgeselsie-met-susan-l","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/boekgeselsie-met-susan-l\/?lang=afr","title":{"rendered":"Boekgeselsie met Susan L"},"content":{"rendered":"<section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-6 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-shop_single wp-image-25577\" src=\"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/SM_BookQA_Jun_AFR-600x600.png\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"600\" \/><\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><div class=\"vc_col-sm-6 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p>Leer ons ken deur die boeke wat ons lees!<\/p>\n<p>Vandeesmaand gesels ons met Susan Lotz. Sy is \u0149 taalpraktisyn en inhoudsko\u00f6rdineerder by die Taalsentrum. \u201cOnder andere ko\u00f6rdineer ek inhoud en boodskapoordrag by die Taalsentrum om \u0149 bewustheid van die Sentrum se bedrywighede aan te wakker en om meertaligheid aan die Universiteit te bevorder,\u201d verduidelik sy.<\/p>\n<p><strong>Wat is die titel van jou gunstelingboek, of \u0149 boek wat \u0149 diep indruk op jou gemaak het, of \u0149 boek wat jy om die een of ander rede as onvergeetlik ervaar het?<br \/>\n<\/strong>Daar is baie sulke boeke omdat ek groot genot put uit lees, maar die een wat ek vandag met julle wil deel, is <em>The Cello Suites<\/em> deur Eric Sieblin.<\/p>\n<\/div><\/div><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><strong>Wat is die titel van jou gunstelingboek, of \u0149 boek wat \u0149 diep indruk op jou gemaak het, of \u0149 boek wat jy om die een of ander rede as onvergeetlik ervaar het?<br \/>\n<\/strong>Daar is baie sulke boeke omdat ek groot genot put uit lees, maar die een wat ek vandag met julle wil deel, is <em>The Cello Suites<\/em> deur Eric Sieblin.<\/p>\n<p><strong>Hoekom het hierdie boek jou s<\/strong><strong>\u00f3 <\/strong><strong>be<\/strong><strong>\u00efndruk<\/strong><strong>?<br \/>\n<\/strong>Van alle musiek luister ek die heel graagste na tjellomusiek en Johann Sebastian Bach is een van my gunstelingkomponiste. Hierdie boek is enersyds \u0149 ode aan die tjello en andersyds \u0149 mymering oor Bach en die omstandighede waaronder sy tjellosuites (waarvan ek vreeslik hou) neergeskryf is; dit was dus vir my \u0149 louter vreugde om die boek te lees! Ook het dit die Katalaanse tjellis, Pablo Casals, aan my bekendgestel, wat op sigself \u0149 wonderlike ontdekking was omdat dit my nog uitsonderlike musiek gegee het waarin ek my kan verlustig. Die boek is glad nie tegnies nie, dis goed geskryf en dis boeiend \u2013 die outeur weef verskeie storielyne saam en dus is dit moeilik om dit neer te sit! Dis \u0149 ware fees van \u0149 musikale reis wat op \u2019n diep vlak met my geresoneer het.<\/p>\n<p><strong>Wie is jou gunstelingouteur(s)? Hoe s<\/strong><strong>\u00f3<\/strong><strong>?<br \/>\n<\/strong>Ek dink dit hang af van op watter plek ek my bevind \u2013 ek het boeke deur skrywers soos Ingrid Winterbach, Lien Botha, Deon Meyer, Stieg Larsson, Laurie R King, Margaret Atwood, Jeanette Winterson, Neil Gaiman en Terry Pratchett al baie geniet. Ek het die <em>Game of Thrones<\/em>-boeke deur George RR Martin verslind, en verkies die boeke b\u00f3 die verfilmde reeks. Twee Ierse outeurs na wie ek telkens terugkeer, is Niall Williams en Maggie O\u2019Farrel.<\/p>\n<p><strong>Wat lees jy op die oomblik?<br \/>\n<\/strong><em>Where the Crawdads<\/em> <em>Sing<\/em>, deur Delia Owens, en <em>Skepsel <\/em>deur Willem Anker (\u0149 herlees omdat ek die Afrikaans waarin hierdie boek geskryf is, so geniet).<\/p>\n<p><strong>Verkies jy dit om \u2018regte\u2019 gedrukte boeke te lees, of lees jy eerder boeke op \u0149 Kindle of \u0149 ander elektroniese platform? Wat is die rede vir jou voorkeur?<br \/>\n<\/strong>Gedrukte boeke wen elke keer. Ek bestee soveel tyd daaraan om as deel van my werk en my lewe woorde op rekenaarskerms te lees dat dit vir my \u0149 groot lekkerte is om woorde op papier te lees. Maar ek is aanpasbaar \u2013 as ek op my tablet toegang tot \u0149 boek het, sal die tablet aan my sy bly totdat ek die boek klaar gelees het. Ek moet egter erken dat ek nogal hou van die idee dat minder bome afgekap word. Om di\u00e9 rede koop eerder tweedehandse boeke, indien moontlik, of ek leen \u0149 boek by iemand.<\/p>\n<p><strong>Watter boek het jy al meer as een keer gelees? Vertel ons hoekom?<br \/>\n<\/strong><em>The Cello Suites<\/em>, om dit weer van voor af te geniet en omdat dit onmoontlik is om tydens die eerste lees al die inligting in te neem of te onthou; en <em>Minoes<\/em>, omdat dit so \u0149 prettige boek is! Ook af en toe \u0149 <em>Harry Potter<\/em>-boek (JK Rowling), om my geheue te verfris oor wie waar inpas, om terug te dink aan waar ek was toe ek hulle die eerste keer gelees het, en om met my niggies oor die stories en karakters te gesels. <em>Four Letters of Love<\/em> deur Niall Williams net omdat dit so dromerig is en dit voel asof \u0149 mens saam met die karakters op die Ierse platteland is terwyl jy die storie lees. Ek soek boeke wat iets spesiaals vir my gedoen het, weer op.<\/p>\n<p><strong>Wie is jou gunsteling- liter\u00eare karakter?<br \/>\n<\/strong>Minoes (in <em>Minoes<\/em> deur Annie MG Schmidt, die Afrikaanse vertaling van die oorspronklike Nederlands). Minoes is \u0149 kat en \u0149 meisie \u2013 dikwels gelyktydig!<\/p>\n<p><strong>Het jy dalk \u0149 lewensles by \u0149 boek of \u0149 karakter uit \u0149 boek geleer wat jy met ons wil deel, as jy dit nog nie in een van jou ander antwoorde genoem het nie?<br \/>\n<\/strong>\u0149 Karakter soos Salander in <em>The Girl with the Dragon Tattoo<\/em> inspireer my en daag my uit om dapper te wees en te hanteer wat ook al hanteer moet word, en herinner my daaraan dat dit heeltemal in orde is om eksentriek te wees.<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><blockquote>\n<p>Dit hang net af of \u0149 mens ontvanklik daarvoor is \u2013 of jy di\u00e9 waarhede kan absorbeer of werklik h\u00f3\u00f3r.\u201d<\/p>\n<\/blockquote>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><strong>Watter boek of boeke kan jy by jou vriende, studente en enige iemand anders aanbeveel?<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ja, hier is \u0149 paar musiekstories:<br \/>\n<\/strong><em>The Cello Suites <\/em>deur Eric Sieblin<br \/>\n<em>A Genius in the Family <\/em>deur Hilary en Piers du Pr\u00e9<br \/>\n<em>An Equal Music<\/em> deur Vikram Seth (daar is selfs \u0149 amptelike kompilasie op CD van al die stukke wat in die boek genoem word en dis waarskynlik ook op musiekstromingsdienste beskikbaar)<br \/>\n<em>As It is in Heaven <\/em>deur Niall Williams (met baie Vivaldi)<br \/>\n<em>The Concert Pianist <\/em>deur Conrad Williams<\/p>\n<p><strong>En nog \u0149\u00a0paar aanbevelings:<br \/>\n<\/strong><em>The Little Prince <\/em>deur Antoine de Saint Exup\u00e9ry<br \/>\n<em>Four Letters of Love<\/em> deur Niall Williams<br \/>\n<em>My Dream of You <\/em>deur Nuala O\u2019Faolain<br \/>\n<em>After You&#8217;d Gone <\/em>deur Maggie O\u2019Farrel<br \/>\n<em>The Girl with the Dragon Tattoo-<\/em>trilogie deur Stieg Larsson<br \/>\n<em>The Game of Thrones<\/em>-boeke deur George RR Martin<br \/>\nThe <em>MadAddam-<\/em>trilogie deur Margaret Atwood<br \/>\n<em>Folly<\/em> deur Laury R King<br \/>\n<em>Extremely Loud and Incredibly Close <\/em>deur Jonathan Safran Foer<br \/>\n<em>Lighthousekeeping <\/em>deur Jeanette Winterson<br \/>\n<em>Forests of the Heart<\/em> deur Charles de Lindt<br \/>\n<em>Good Omens <\/em>deur Terry Pratchett en Neil Gaiman<br \/>\nDie <em>Witches<\/em>-trilogie deur Terry Pratchett (en daarna sal jy \u0149 slaaf wees!)<\/p>\n<p><strong>En iets in Afrikaans<em>:<br \/>\n<\/em><\/strong><em>Skepsel<\/em> deur Willem Anker<br \/>\n<em>Die Aanspraak van Lewende Wesens <\/em>deur Ingrid Winterbach<br \/>\n<em>Wonderboom <\/em>deur Lien Botha<br \/>\n<em>Verlorenkop<\/em> deur Celest\u00e9 Fritze<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"Leer ons ken deur die boeke wat ons lees! Vandeesmaand gesels ons met Susan Lotz. Sy is \u0149 taalpraktisyn en inhoudsko\u00f6rdineerder by die Taalsentrum. \u201cOnder andere ko\u00f6rdineer ek inhoud en boodskapoordrag by die Taalsentrum om \u0149 bewustheid van die Sentrum se bedrywighede aan te wakker en om meertaligheid aan die Universiteit te bevorder,\u201d verduidelik sy....","protected":false},"author":4,"featured_media":25601,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[655,290,69],"tags":[2159,2165,2171,2177,2162,942,2174,2183,939,2180,2156,2168],"class_list":["post-25613","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-book-chat","category-language-and-communication-services","category-recent-news","tag-bach-afr","tag-eric-sieblin-afr","tag-ingrid-winterbach-afr","tag-minoes-afr","tag-musiekstories","tag-neil-gaiman-afr","tag-skepsel-afr","tag-stieg-larsson-afr","tag-terry-pratchett-afr","tag-the-girl-with-the-dragon-tattoo-afr","tag-tjello","tag-willem-anker-afr"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/25613","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=25613"}],"version-history":[{"count":21,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/25613\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":25955,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/25613\/revisions\/25955"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/25601"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=25613"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=25613"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=25613"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}