{"id":26252,"date":"2023-07-05T11:59:35","date_gmt":"2023-07-05T09:59:35","guid":{"rendered":"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/boekgeselsie-met-christo-dk\/"},"modified":"2023-07-05T14:45:54","modified_gmt":"2023-07-05T12:45:54","slug":"boekgeselsie-met-christo-dk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/boekgeselsie-met-christo-dk\/?lang=afr","title":{"rendered":"Boekgeselsie met Christo dK"},"content":{"rendered":"<section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-6 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-us_600_600_crop wp-image-26195\" src=\"https:\/\/languagecentre.sun.ac.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/SM_BookQA_Jul_AFR2-600x600.png\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"600\" \/><\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><div class=\"vc_col-sm-6 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p>Leer ons ken deur die boeke wat ons lees!<\/p>\n<p>Vandeesmaand gesels ons met Christo de Kock. Hy is tans besig met \u2019n internskap by die Taalsentrum en het onlangs sy honneurs in Vertaalkunde voltooi. \u201cTaal l\u00ea my baie na aan die hart en dis waarom dit vir my \u0149 groot voorreg is om \u0149 intern by die Taalsentrum te wees en elke dag met taal te kan werk.\u201d<\/p>\n<p><strong>Wat is die titel van jou gunstelingboek, of \u0149 boek wat \u0149 diep indruk op jou gemaak het, of \u0149 boek wat jy om die een of ander rede as onvergeetlik ervaar het?<br \/>\n<\/strong><em>The Wordsmith <\/em>(ook in Engels gepubliseer met die titel <em>The List<\/em>), deur die Ierse skrywer, Patricia Forde.<\/p>\n<\/div><\/div><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><strong>Hoekom het hierdie boek jou s\u00f3 be\u00efndruk?<br \/>\n<\/strong>Ek is baie lief vir taal, en sonder my taal kan ek nie ek wees nie. <em>The Wordsmith<\/em> is \u0149 goeie weerspie\u00ebling van my liefde vir en behoefte aan taal en die absolute skoonheid daarvan. Die boek handel oor die idee dat mense nie sonder taal kan lewe nie. Sonder taal is ons tonge afgesny, by wyse van spreke. Maar taal is nie net daar ter wille van oorlewing nie. Om \u0149 ryk, uitgebreide en kleurvolle woordeskat te h\u00ea, maak dat ons kan leef, dink, redeneer en skep, en nie net oorleef nie.<\/p>\n<p>Ek kan ook byvoeg dat dit nie net die inhoud van die boek is wat my interesseer nie, maar dat ek ook aanklank vind by die outeur se taalgebruik. Dit vloei soos \u0149 melodie en die outeur vertel nie net \u0149 storie nie, maar sy kry dit ook reg om werklik te skilder met woorde \u2013 \u0149 illustrasie van wat ons met taal kan verrig en watter potensiaal woorde het.<\/p>\n<p><strong>Wie is jou gunstelingouteur(s)? Hoe s\u00f3?<br \/>\n<\/strong>Patricia Forde \u2013 sy het <em>The Wordsmith<\/em> geskryf.<\/p>\n<p>Roald Dahl \u2013 Roald Dahl se stories is so kleurvol en tydloos, en kan deur enigeen gelees word \u2013 maak nie saak hoe jonk of oud nie. Net soos Forde kry hy dit reg om te speel met taal en die skoonheid daarvan te illustreer.<\/p>\n<p><strong>Wat lees jy op die oomblik<\/strong><strong>?<br \/>\n<\/strong>Ek lees op die oomblik <em>Heidi <\/em>deur Johanna Spyri. Ek hou daarvan om kinderstories te lees, want dis wat die jong onskuldige kind binne my lewendig hou. En ek is lus om my Duits weer bietjie op te skerp.<\/p>\n<p><strong>Verkies jy dit om \u2018regte\u2019 gedrukte boeke te lees, of lees jy eerder boeke op \u0149 Kindle of \u0149 ander elektroniese platform? Wat is die rede vir jou voorkeur?<br \/>\n<\/strong>Ek het \u0149 sterk voorkeur vir gedrukte boeke. Ek hou van goed wat tasbaar is. Om te lees is ook vir my \u0149 sensoriese ervaring \u2013 ek wil die boek kan sien, kan voel. Ek wil selfs die papier kan ruik.<\/p>\n<p><strong>Watter boek het jy al meer as een keer gelees? Vertel ons hoekom?<br \/>\n<\/strong><em>The Wordsmith<\/em>. Ek het dit meer as een keer gelees omdat ek weer op \u0149 taalavontuur wou gaan. Maar ek het die boek ook in twee verskillende tale gelees. As jong vertaler wou ek graag sien watter vertaaluitdagings in die boek is en hoe die Nederlandse vertaler daarmee te werk gegaan het \u2013 eerstens omdat ek \u0149 groot liefde vir Nederlands het en dit vir my interessant en leersaam was om die boek in Nederlands te lees, maar ook omdat ek graag eendag die boek in Afrikaans wil vertaal.<\/p>\n<p><strong>Wie is jou gunsteling- liter\u00eare karakter?<br \/>\n<\/strong>Roald Dahl se Matilda. Sy is intelligent en, ten spyte daarvan dat sy klein en vir ander onbelangrik is, laat sy nie toe dat ander oor haar loop nie. Sy is volwasse en \u0149 groot voorstaander vir geregtigheid, en maak seker dat ander regverdig behandel word.<\/p>\n<p><strong>Het jy dalk \u0149 lewensles uit \u0149 boek of by \u0149 karakter uit \u0149 boek geleer wat jy met ons wil deel? <\/strong><\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><blockquote>\n<p>Moenie die waarde van jou taal onderskat nie.<em>\u201d\u00a0\u00a0<\/em><\/p>\n<\/blockquote>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><p><strong>Watter boek of boeke kan jy by jou vriende, studente en enige iemand anders aanbeveel?<br \/>\n<\/strong><em>Heidi<\/em> \u2013 Johanna Spyri (as jy lus is om \u0149 bietjie Duits te lees)<br \/>\n<em>The Book Thief<\/em> \u2013 Markus Zusak<br \/>\n<em>Brolloks en Bittergal<\/em> \u2013 CJ Langenhoven<br \/>\n<em>George\u2019s Marvellous Medicine<\/em> \u2013 Roald Dahl<br \/>\n<em>Matilda<\/em> \u2013 Roald Dahl<br \/>\n<em>Die Bergengel<\/em> \u2013 Carina Stander<\/p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section><section class=\"l-section wpb_row height_medium\"><div class=\"l-section-h i-cf\"><div class=\"g-cols vc_row type_default valign_top\"><div class=\"vc_col-sm-12 wpb_column vc_column_container\"><div class=\"vc_column-inner\"><div class=\"wpb_wrapper\"><div class=\"wpb_text_column\" ><div class=\"wpb_wrapper\"><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/section>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"Leer ons ken deur die boeke wat ons lees! Vandeesmaand gesels ons met Christo de Kock. Hy is tans besig met \u2019n internskap by die Taalsentrum en het onlangs sy honneurs in Vertaalkunde voltooi. \u201cTaal l\u00ea my baie na aan die hart en dis waarom dit vir my \u0149 groot voorreg is om \u0149 intern...","protected":false},"author":91,"featured_media":26222,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"inline_featured_image":false,"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"_uf_show_specific_survey":0,"_uf_disable_surveys":false,"footnotes":""},"categories":[655,289,368,68,69],"tags":[2237,389,2243,2240],"class_list":["post-26252","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-book-chat","category-language-learning-hub","category-life-is-language","category-our-languages","category-recent-news","tag-patricia-forde-afr","tag-taal","tag-the-list-afr","tag-the-wordsmith-afr"],"acf":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/26252","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/users\/91"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=26252"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/26252\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":26267,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/26252\/revisions\/26267"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media\/26222"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=26252"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=26252"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zone.ladybugdigital.co.za\/taalsentrumdebug2025\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=26252"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}